Webwerf van die Maand: Moenie dat hibriede werk jou maatskappy se kultuur vernietig nie!
Die aanvanklike beperkings wat die pandemie meegebring het, word toenemend om ons opgehef en afgestel. Besighede het regoor die wêreld aangepas en werkers het toenemend virtueel begin werk. Nou moet die besighede besluit hoe hulle die toekoms gaan hanteer. Kom almal terug kantoor toe of gaan almal steeds virtueel hul dienste verrig. 'n Toenemende aantal besighede en professionele mense kies vir een of ander hibriede model. Dit hou ooglopende voordele in, maar dit bring ook groot uitdagings mee.
Een van hierdie uitdagings is die risiko om 'n samebindende maatskappykultuur, wat dalk oor jare en selfs oor dekades van saamwerk en gedeelde werksomgewings opgebou is, te verloor.
Lees gerus PwC se voorstelle hieroor “Three ways to prevent hybrid work from breaking your company culture” hier vir 'n paar idees om hierdie risiko te verlaag.
Uit die HAT:
hosanna (Hebreeus) uitroep met die betekenis “help tog”, “red nou”, aanvanklik as bede, maar naderhand as juigkreet gebruik: Hosanna vir die Seun van Dawid ... Hosanna in die hoogste hemele! ● Vandag hosanna, more kruisig hom gesê as waarskuwing teen die wispelturigheid van die openbare mening.
Provided by Simpson Inc
© DotNews. All Rights Reserved.