Webwerf van die maand: Wat hou 2018 vir ons in?
“Prediction is very difficult, especially if it's about the future” (Niels Bohr, fisikus en wenner van die Nobel Prys.)
Die laaste jaar of twee het heelwat verrassings opgelewer. Die stem vir Brexit, Donald Trump as president van Amerika, Bitcoin se opgang, die ANC se nuwe leierskap ... die lys groei by die dag.
Hoe kan ons in 2018 strategies beplan in ‘n veranderende wêreld?
Jakkals verander mos van hare, maar nie van snare nie. So van jakkals gepraat, Suid-Afrika se bekendste scenario beplanner en skrywer van boeke soos “The Mind of the Fox”, Clem Sunter, het onlangs ‘n interessante artikel gepubliseer. Die artikel is “The 21st century is stranger than fiction” op Leader.co.za en dit is ‘n baie goeie beginpunt vir jou strategiese beplanning vir 2018 en verder die toekoms in. Clem bespreek 9 fundamentele “vlae” of aanwysers wat vir ons ‘n aanduiding gee oor wat onlangs gebeur het en wat die tendense vir die onmiddellike toekoms behels.
Uit die HAT:
Jakkals verander van hare/haar maar nie van streke/snare nie (Gesegde)
‘n Mens ontgroei nooit jou ingebore geaardheid nie.
Provided by DGA - Debra Gouws Attorneys
© DotNews. All Rights Reserved.