Die Februarie Webwerwe : Praktiese Maniere Om Kragonderbrekings Te Hanteer
Jy kan die volgende doen om die situasie te bestuur-
- Voorbereiding: Hou jou oog op http://loadshedding.eskom.co.za/ en op jou plaaslike munisipaliteit se skedules – vind die skakels op http://www.eskom.co.za/Pages/loadsheddingmunic.aspx (Kaapstad - ‘n nuwe skedule tree Februarie in werking.) Jy kan aanvaar dat daar by tye sonder enige vooraf waarskuwing kragonderbrekings gaan wees, wees dus voorbereid hierop.
- Belê in ‘n UPS: Beskerm jou elektriese toerusting en elektriese ware met ‘n Ononderbroke Elektrisiteitstelsel of twee. Selfs indien jou versekeraars dekking verleen vir skade aan jou hardeware as gevolg van onegalige elektrisiteitsverskaffing, kan onvoorsiene kragonderbrekings tot ernstige skade of verliese van kritiese data aanleiding gee
- Wat van ‘n kragopwekker?: Doen eers jou navorsing oor wat alles beskikbaar is. Kyk ook na Moneyweb se “The Generator Generation” te http://www.moneyweb.co.za/moneyweb-south-africa/the-generator-generation.
- Maak die meeste hiervan: Sien Health 24 se artikel “How to survive load shedding” http://www.health24.com/Lifestyle/Environmental-health/21st-century-life/How-to-survive-load-shedding-20140307 vir praktiese raad oor hoe om in die donker oor die weg te kom.
- Jou krane kan ook leegloop: Waar daar voortdurende kragonderbrekings in ‘n area voorkom, kan dit tot ‘n afname in waterdrukking lei. In plekke waar daar gesteun word op elektriese pompe om water te versprei, kan die krane letterlik leegloop. Hou dus ‘n alternatiewe voorraad van water byderhand.
- Hou jou brandstoftenk vol: Jy wil ook nie met ‘n leë brandstoftenk by jou gunsteling vulstasie opdaag en vind dat hul pompe as gevolg van ‘n kragonderbreking nie werk nie – of omdat Eskom al die diesel gekoop het.
- Bly op hoogte met jou vlugtye: Probleme met die hervulling van vliegtuie by lughawens kan vlugte vertraag.
Uit die HAT:
Aktuarieel: Betreffende die wiskundige afdeling van die versekeringswese: Aktuariële vraagstukke.
Aktuaris: Amptenaar wat risiko vir ‘n versekeringsmaatskappy bereken.
Provided by Darrolls Attorneys, Notaries & Conveyancers
© DotNews. All Rights Reserved.