Uitsetting Van ‘n Kommersiële Huurder: Jy Hoef Nie Aan “PIE” Voorskrifte Te Voldoen Nie
Huishoudelike huurders:Die Wet op die Voorkoming van Onwettige Uitsetting en Onregmatige Besetting van Grond (“PIE”) bevat verskeie reëls en voorskrifte waaraan voldoen moet word, voordat jy huishoudelike huurders regtens kan uitsit. Waar die huurders woonagtig is op sogenaamde “kommersiële eiendom”, moet die PIE wetgewing steeds nagekom word. Die vraag is nie of die eiendom as “kommersiële eiendom” beskryf word nie, maar wel of die huurder of besetter dit vir residensiële doeleindes gebruik. Hy woon dus op die perseel al is dit “kommersiële eiendom”.
“Kommersiële huurders”:“Kommersiële huurders” of besetters (regspersone en persone wat nie die eiendom as ‘n woning of ‘n skuiling gebruik nie) geniet nie hierdie beskerming nie. In beginsel behoort dit makliker wees om sodanige huurders uit te sit.
Ter illustrasie hiervan ...
In hierdie geval is ‘n eiendom wat vir gemengde doeleindes gebruik word, op ‘n insolvensie-veiling verkoop. Aangesien die vorige eienaars geweier het om die perseel te ontruim, het die nuwe eienaar die hof genader vir hul uitsetting. Die hof is gevra om twee tipes onwettige okkupeerders uit te sit -
Die koper kon egter net slaag daarin om die kommersiële okkupeerders - die diensstasie en verskeie werknemers - te laat uitsit. Aangesien die koper nie aan die vereistes van PIE voldoen het nie, kon die vorige eienaars nie uitgesit word nie.
- ‘n Besigheid wat vanaf die kommersiële gedeelte van die eiendom as ‘n voertuig diensstasie en ‘n kafee sake gedoen het, en ook
- Die vorige eienaars van die eiendom wat die residensiële gedeelte as hul persoonlike woning gebruik het.
Provided by Darrolls Attorneys, Notaries & Conveyancers
© DotNews. All Rights Reserved.