Jou Maart Webwerf: Gee Facebook jou FOMO?
“FOMO” is die afkorting vir “Fear of Missing Out”. Hierdie is ‘n verskynsel so oud soos die berge, maar dit was nog nooit so algemeen as wat dit nou geword het nie. Dit blyk dat sosiale media en die “Facebook Illusie” grotendeels hiervoor verantwoordelik is.
Natuurlik sit mense net hul beste voetjie voor wanneer hulle hul Facebook inskrywings met die wêreld deel. Net die beste, mees perfekte weergawe van mense se lewens word ten toon gestel. Indien dit by jou begin spook kan jy gerus ‘n wetenskaplike perspektief daaroor verkry by die “Barking Up the Wrong Tree” webjoernaal getiteld “FOMO: This Is The Best Way To Overcome Fear of Missing Out”, beskikbaar hier.
Uit die HAT:
Ronkedoor S.nw. 1. Alleenloperolifant wat uit die trop verstoot is.
2. (figuurlik) Ongesellige man.
Provided by Darrolls Attorneys, Notaries & Conveyancers
© DotNews. All Rights Reserved.