Ons raak formeel.
“Insolvensie”, “Likwidasie” of “Bankrotskap”?
Hierdie terme word dikwels verwar en verkeerdelik en losweg as sinonieme gebruik. Die terme word gewoonlik teëgekom in die konteks van debiteure wat nie in staat is om hul skulde te betaal nie. 'n Individu of ‘n trust se boedel word "gesekwestreer" en 'n "trustee" word aangestel om die insolvente boedel se bates te verkoop en om die opbrengs volgens streng regsbeginsels toe te ken en te verdeel. 'n Baie soortgelyke (maar nie identiese) proses is van toepassing op korporatiewe entiteite soos maatskappye, maar in hierdie geval word die entiteit "gelikwideer", met die Meester van die Hooggeregshof wat die toepaslike "likwidateur" gaan aanstel. Om sake verder te vertroebel, word die term “bankrotskap” dikwels ook losweg in beide bogenoemde scenario's gebruik - maar die goeie nuus is dat slegs regspraktisyns, bankiers en kredietbestuurders werklik die verskil tussen die verskillende benamings hoef te weet en daarmee te werk!
Provided by B. R. Sandwith Inc.
© DotNews. All Rights Reserved.