Trustees: Die nuwe verpligting om die uiteindelike of begunstigde eienaars (“voordelige eienaars”) aan te meld.
“National Treasury, therefore, expects that if South Africa continues to make significant improvements in effectiveness and swiftly exits grey listing, it will have a limited impact on financial stability and costs of doing business with South Africa, particularly if South Africa moves speedily to get out of grey listing.” (Nasionale Tesourie)
Die wêreldwye finansiële waghond, “Financial Action Task Force” het Suid-Afrika op hul grys lys geplaas. Dit het daartoe gelei dat die regering inderhaas nuwe maatreëls “Teen Geldwassery en teen die Bekamping van Terrorismefinansiering” ingestel het om finansiële misdade te bekamp. Een van daardie maatreëls is die nuwe vereiste dat trustees alle "voordelige eienaars" van trusts bekend moet maak.
Dit is geen Aprilgek-grap nie, met die nuwe vereistes wat vanaf 1 April 2023 van krag is. Kennis hiervan is gegee deur dit na besigheidsure op 31 Maart 2023 in die Staatskoerant te publiseer. Dit het gekom in die vorm van wysigings aan die regulasies van die Wet op die Beheer van Trusteiendom. Dit vereis dat alle trustees die voordelige eienaarskap van die trust moet vasstel en aanteken, rekord moet hou van die voorgeskrewe inligting van die voordelige eienaars, om hierdie inligting by die Meesterskantoor in te dien, en om alle inligting van die trust op 'n deurlopende basis op datum te hou.
"Voordelige eienaar" het 'n wye definisie.
Die definisie van "voordelige eienaar" sluit alle begunstigdes in, "'n natuurlike persoon wat direk of indirek die betrokke trusteiendom besit of uiteindelik besit", en "'n natuurlike persoon wat effektiewe beheer oor die administrasie van die trustreëlings uitoefen".
Dit sluit ook alle trustees en die stigter of oprigter van die trust in – hierdie insluitings lyk dalk minder logies, maar dit is wat die wet nou vereis.
So, wat moet jy nou doen?
Mediaberigte het beide die swaar strawwe vir die versuim om hierdie verpligtinge na te kom ('n boete van R10 miljoen, gevangenisstraf vir vyf jaar, of beide) uitgelig en die onmoontlikheid om daardie verpligtinge op 1 April na te kom as gevolg van die tydsberekening met die staatskoerant en die vertragings in die opstel van die aanlyn elektroniese register op die Meester se portaal.
Die werkilkheid is dat alle trustees nou stappe moet neem om aan die nuwe verpligte voorskrifte te voldoen. Gaan na die Meester se “Trust Beneficial Ownership Register” blad en volg die instruksies daar (let wel - jy moet by Google aangemeld wees om toegang tot daardie skakel te kry).
Provided by B. R. Sandwith Inc.
© DotNews. All Rights Reserved.