Webwerf van die maand: Hou vas aan jou huis, al het jy jou werk weens COVID verloor.
In hierdie tye is dit dikwels nie maklik om jou verbandpaaiemente ten volle by te hou nie, veral as jy jou werk of jou besigheid as gevolg van die inperking verloor het.
Jy moet beslis van jou laat hoor wanneer jy enige kennisgewing van die bank ontvang, waarin die bank met enige regsprosesse begin. Die gevaarlikste ding wat jy kan doen is om die probleem te ignoreer. Dit sal die bank noop om verdere stappe teen jou te neem; die bank sal ook heel moontlik stappe neem om jou huis as deel van die bank se sekuritet te verkoop.
Vir praktiese advies oor wat jou te doen staan (en wat om nie te doen nie) wanneer jy dalk met die betaling van jou huispaaiemente agterstallig raak, lees gerus “Home Repossession: Holding On To Your House In A Time Of COVID-19” op iAfrica.com.
Vir die meeste van ons is ons huis ons belangrikste en grootste bate. Kry professionele hulp en advies waar jou huis ter sprake is.
Uit die HAT:
Tektoniek s.nw. 1 (geologie) (a) geologiese struktuur in al sy verskynsels.
(b) studieveld wat fokus op die vorming en beweging /verskuiwing van die groot rotsplate waaruit die aardkors bestaan.
2 (boukunde) wetenskap/kuns van konstruksie, bv. van ‘n gebou, met betrekking tot die gebruik(e) en artistieke ontwerp daarvan. {Grieks tekton timmerman}
Provided by Scheibert & Associates Inc
© DotNews. All Rights Reserved.