Ons raak formeel
“Subpoena duces tecum”
Dit is 'n hofbevel wat die persoon wat daarin genoem word gelas (opdrag gee) om 'n dokument of dokumente of ander fisiese bewysstuk by 'n hof of by ‘n hofsitting aan die hof voor te lê – letterlik beteken dit "onder dreigement van straf, bring die volgende gespesifiseerde item of dokument na die komende hofsitting saam".
As jy ooit so 'n dagvaarding ontvang en jy enige twyfel het of jy kan voldoen, moet voldoen, of genoeg tyd het om daaraan te voldoen, moet jy jou prokureur dringend vir advies vra – dit is 'n ernstige dokument!
Provided by B. R. Sandwith Inc.
© DotNews. All Rights Reserved.