Beplan jou boedel om jou gesin te beskerm – hier is twee vrae om aan die einde van die jaar te oorweeg.
“It’s the most wonderful time of the year!” (Liedjieskrywers Pola & Wyle)
Die einde van nog 'n jaar kom nou vinnig nader, met laaste take en projekte wat afgesluit moet word en met gesinsvieringe en die Kersvakansie om die draai. Met die pas dalk ‘n bietjie stadiger neem dan die tyd om jou boedelplan na te gaan om seker te maak dat jou geliefdes versorg sal wees vir wanneer jy nie meer hier gaan wees vir hulle nie.
Hier is twee eenvoudige, maar belangrike vrae wat jy jouself nou kan afvra -
- "Is dit tyd om my testament te hersien?"
Die beginpunt van jou boedelplan is natuurlik jou testament en dit is noodsaaklik om dit gereeld te hersien. Oorweeg die volgende -
- Wesenlike veranderinge in jou persoonlike of finansiële omstandighede. Indien jou lewensomstandighede op enige manier verander het – dalk het jy ’n nuwe eggenoot of lewensmaat, dalk het julle ‘n kind ryker geword, dalk is jul huwelik of lewensverhouding nie op ‘n goeie plek nie, dalk is daar veranderinge met jou besigheid of is jou bates en jou laste nou anders. Wat ook al die veranderinge mag wees, is dit juis gepas om jou testament op datum te bring om vir hierdie veranderinge voorsiening te maak.
- Veranderinge in jou gesin se omstandighede. Net so kan veranderinge in 'n gesinslid se persoonlike of finansiële omstandighede jou noop om ‘n verandering aan jou testament te maak.
- Veranderinge in belastingwetgewing of ander wette wat jou boedel kan raak. Soos in alles in die lewe, is deurlopende verandering 'n kenmerk van ons regs- en belastinglandskap. As deel van jou boedelplan moet jy dit ook in aanmerking neem en indien nodig, moet jy jou testament ook daarvolgens aanpas.
Om jou testament op te dateer, vra jou prokureur of 'n "kodisil" of byvoeging tot jou bestaande testament voldoende gaan wees, en of dit beter gaan wees om 'n nuwe testament op te stel en volgens voorskrif te onderteken.
- Wesenlike veranderinge in jou persoonlike of finansiële omstandighede. Indien jou lewensomstandighede op enige manier verander het – dalk het jy ’n nuwe eggenoot of lewensmaat, dalk het julle ‘n kind ryker geword, dalk is jul huwelik of lewensverhouding nie op ‘n goeie plek nie, dalk is daar veranderinge met jou besigheid of is jou bates en jou laste nou anders. Wat ook al die veranderinge mag wees, is dit juis gepas om jou testament op datum te bring om vir hierdie veranderinge voorsiening te maak.
- “Sal daar voldoende kontant in my boedel beskikbaar wees?”
- Hulle kan sukkel om finansieel oor die weg te kom, terwyl jou boedel afgehandel word. Die bereddering en administrasie van 'n bestorwe boedel is 'n gespesialiseerde proses wat lank kan duur. Jou gesin het intussen fondse nodig om van te lewe. Hoewel die eksekuteur die mag het om gelde aan erfgename in sekere omstandighede voor te skiet, sal die eerste prys altyd wees om jou geliefdes 'n bron van inkomste buite daardie hele proses te laat. Hou in gedagte dat jou bankrekeninge en ander fondse vir ‘n tyd gevries sal word, sodra die banke inligting ontvang dat jy dood is.
- Jou gesin kan selfs sonder ‘n huis eindig: Dit klink na 'n oordrywing – dit is presies die vooruitsig van 'n weduwee nadat 'n onlangse hooggeregshofbevel die eksekuteur gemagtig het om die oorledene se familiehuis te verkoop. Die probleem was dat die eksekuteur voldoende fondse moes hê om skuldeisers, die beredderingskoste van die boedel, die advertensies, die Meestersfooie en die eksekuteursfooie te betaal – in hierdie geval was dit net meer as R206 000.
Die enigste manier waarop die eksekuteur genoeg kontant in die boedel kon bewerkstellig, was om die huis in die boedel te verkoop. Die enigste erfgenaam (die oorledene se weduwee) het geweier om die nodige kontantbydrae tot die boedel te maak om dit te vermy. Die hof het die Meester van die Hooggeregshof beveel om die wyse en voorwaardes vir die verkoop van die woning vas te stel – die weduwee sal moet trek.
In die meeste boedels sal daar ander bates as die gesinshuis wees wat die eksekuteur kan verkoop om kontant in te samel, maar dit sal altyd die beste wees om dit te vermy – dit kan byvoorbeeld jou besigheid wees, of 'n waardevolle erfstuk.
So hoe voorkom jy daardie ongelukkige scenario?
Iets wat maklik misgekyk kan word in die boedelbeplanningsproses is die behoefte om jou geliefdes en jou boedel te voorsien van fondse – dit is dus toeganklike fondse of kontant in ‘n bankrekening wat geredelik beskikbaar is.
Hiersonder is daar ten minste twee uitdagings vir jou gesin:
Jy sal 'n manier moet vind om jou gesin toegang te gee tot kontant buite om jou boedel. Julle kan kyk na afsonderlike bankrekeninge wat deur familielede beheer word, familietrusts, lewensversekeringspolisse en lewende annuïteite met familielede wat as begunstigdes genomineer word, enigiets wat vir jou gesinslede geredelik beskikbaar sal wees buite om die boedel. Verkry hier professionele advies om ‘n toepaslike oplossing te vind vir jou spesifieke omstandighede.
Provided by B. R. Sandwith Inc.
© DotNews. All Rights Reserved.