Dis trouseisoen – drie vrae om te oorweeg voor jy gaan trou.
“Marriage is a matter of more worth / Than to be dealt in by attorneyship” (Shakespeare)
As die dae warmer en langer word, is dit ook die seisoen waarin baie mense in die huwelik tree. Hierdie artikel handel net oor burgerlike huwelike; ons hanteer nie hier gewoonteregtelike huwelike en burgerlike verbintennise nie. Jy sal gewoonlik 'n lang lys hê om deur te werk. Dink maar aan die plek van die troue, die tipe seremonie, huweliksbevestiger, getal gaste, blomme, tema, spyseniering, om net met die ooglopende te begin. So kan die lys aangaan.
Dit maak nie saak hoe lank of ingewikkeld jou planne mag raak nie, maak seker dat julle ook die regsaspekte aanspreek en formaliseer. Dalk sien jy op na die formaliteite, maar dit is ‘n belangrike aspek wat vanuit die staanspoor reg hanteer moet word.
Ons kan min of meer verstaan wat Shakespeare bedoel het met “Marriage is a matter of more worth / Than to be dealt in by attorneyship” en dat begrip van die regsgevolge van die huwelik vir beide partye absoluut noodsaaklik is.
Waar moet jy begin? Vra jou prokureur drie vrae -
- Het ons ’n HVK nodig?”
Of julle ’n Huweliksvoorwaardekontrak (HVK) nodig het, en indien wel, wat daarin moet wees, sal afhang van die huweliksbedeling wat julle twee kies.
Dit is 'n belangrike besluit. Watter huweliksbedeling julle kies (julle moet dit afhandel voordat julle trou) gaan vir beide van julle en julle gesin raak lank nadat die ink op jul huweliksertifikaat droog is. Dit sal vir die duur van julle huwelik van toepassing wees, totdat julle huwelik uiteindelik tot 'n einde kom, hetsy deur die dood van een van julle of deur ‘n egskeiding. Dit is een van die realiteite van die lewe en van jul huwelik wat julle moet hanteer.
Soos in die verlede uitgewys, bied ons regstelsel in Suid-Afrika drie alternatiewe moontlikhede. Jul uiteindelike keuse sal bepaal word deur 'n mengsel van jul individuele voorkeure, persoonlike omstandighede en jul huidige finansiële posisies en toekomstige finansiële beplanning en vooruitsigte. Julle moet hier professionele advies en regsdienste verkry.
- Huwelik in gemeenskap van goedere: Al julle bates en laste word in een “gesamentlike boedel” saamgevoeg. Beide van julle het 'n onverdeelde halwe aandeel in die enkele boedel. By egskeiding of dood word die gemeenskaplike boedel (insluitend enige wins of verlies) gelykop tussen julle verdeel, ongeag wat elkeen van julle in die huwelik ingebring het of wat elkeen na huweliksluiting bygedra het. Dit is die verstekopsie. Julle sal outomaties in gemeenskap van goedere getroud wees as julle nie anders skriftelik ooreenkom in 'n getekende HVK wat voor die datum van die huwelik deur ‘n Notaris opgestel is en formeel voor die Notaris onderteken en verly word. Hierdie bedeling sal in sommige gevalle aanvaarbaar wees. Om praktiese redes sal ons aanbeveel dat die huwelikspartye eerder een van die ander twee opsies moet kies (b of c hieronder).
- Huwelik buite gemeenskap van goedere met die uitsluiting van die aanwasbedeling: Jou eie bates en laste, dit wat jy in die huwelik inbring en dit wat jy tydens die huwelik verkry, bly uitsluitlik joune om mee te doen soos wat jy wil. Let ook op dat die “aanwasbedeling” (sien opsie c hieronder) wel op jul huwelik van toepassing sal wees, tensy julle dit uitdruklik in jul HVK uitsluit.
- Huwelik buite gemeenskap van goedere met die toepassing van die aanwasbedeling: Soos met die vorige opsie, bly jou eie bates en laste net joune. By egskeiding of dood deel julle in gelyke mate in die “aanwas” (groei) van jul onderskeie boedels (met enkele uitsonderings) wat tydens die bestaan van die huwelik “aangegroei” het.
NS. Is jy reeds getroud? As jy reeds getroud is en jy wil nou julle huweliksgoederebedeling verander – kan julle dit saam ingevolge ‘n omvangryke hofproses aanpak. Jy het dalk nou eers uitgevind dat julle by verstek in gemeenskap van goed met mekaar getroud is; en julle besef dat dit nie ideaal gepas is nie. Julle kan jul bedeling nog saam regmaak. Vra jou prokureur of jy dalk ‘n nahuwelikse kontrak kan aangaan en registreer. Jy is in vir 'n duur hofaansoek en daar is beperkende vereistes wat van toepassing is en wat nagekom moet word. Dit bly maar die beste om alle opsies voor die huwelik na te gaan en te verstaan en om dan, op ingeligte wyse, die regte keuse te maak en die gepaste kontrak te sluit voordat julle trou.
- Huwelik in gemeenskap van goedere: Al julle bates en laste word in een “gesamentlike boedel” saamgevoeg. Beide van julle het 'n onverdeelde halwe aandeel in die enkele boedel. By egskeiding of dood word die gemeenskaplike boedel (insluitend enige wins of verlies) gelykop tussen julle verdeel, ongeag wat elkeen van julle in die huwelik ingebring het of wat elkeen na huweliksluiting bygedra het. Dit is die verstekopsie. Julle sal outomaties in gemeenskap van goedere getroud wees as julle nie anders skriftelik ooreenkom in 'n getekende HVK wat voor die datum van die huwelik deur ‘n Notaris opgestel is en formeel voor die Notaris onderteken en verly word. Hierdie bedeling sal in sommige gevalle aanvaarbaar wees. Om praktiese redes sal ons aanbeveel dat die huwelikspartye eerder een van die ander twee opsies moet kies (b of c hieronder).
- "Is ons testamente in orde?"
Huweliksluiting is een van daardie lewensgebeure wat die belang daarvan om geldige testamente (of “’n gesamentlike testament”) in plek te hê, onderstreep. Dit is ‘n sinvolle tyd om jul bestaande testamente te hersien. Natuurlik kan die opstel van jou testament (“Laaste testament en wilsbeskikking”) die eerste stap wees in 'n volledige boedelbeplanningsproses. Dit begin by ‘n opgedateerde testament, so kom ons begin daar.
Moenie in die versoeking kom om dit uit te stel nie – ons weet nie een wat ons toekoms inhou nie. Dit is die ooglopende manier om seker te maak dat jou geliefdes beskerm en versorg word, en jou duidelike testament sal vir jou kan praat, as jy nie meer hier is nie.
- "Kan ons nuwe vanne kies?"
As ‘n man in Suid-Afrika kan jy net jou van verander deur by die Departement van Binnelandse Sake aansoek te doen vir so ‘n verandering.
As ‘n vrou in Suid-Afrika kan jy outomaties, met huweliksluiting –
- Jou man se van aanneem, of
- Jou nooiensvan behou of daarna terugkeer of enige ander van wat jy voorheen gehad het, behou of daarna terugkeer, of
- Met jou eie van en jou man se van 'n dubbelloop-van te maak.
Ondersoek die wetlike gevolge van jou keuse en deel jou keuse met jou huweliksbevestiger sodat jou huweliksertifikaat, die huweliksregister en die Nasionale Bevolkingsregister jou getroude van, soos deur jou gekies, reg opgeneem word.
Provided by Everton Dankuru Attorneys
© DotNews. All Rights Reserved.