Webwerf van die Maand: Verander kliënte se klagtes in komplimente met die HEART-stelsel
Dit maak nie saak hoe goed jou produk of jou dienslewering is nie, in die sakewêreld is kliënteklagtes iets wat altyd sal opduik. Klagtes kan spruit uit werklike probleme of uit misverstande. Hoe dit ook al sy, jy sal vinning en doeltreffend moet optree om dit aan te spreek. Dit is veral belangrik in vandag se tyd waar aanlynresensies en giftige kommentaar jou reputasie vinnig en maklik kan maak of breek.
Hier is 'n beproefde metode om jou kliënte se tevredenheid met jul dienste oor die algemeen te verhoog, om klagtes in komplimente te verander en om gevalle van konflik (dit is ewe nuttig vir werkplek- en persoonlike kwessies) met respek en vriendelikheid op te los.
Lees gerus “How to Use the HEART Method to Improve Customer Satisfaction” op The Real Time Report se webwerf.
Uit die HAT:
Forensies b.nw. met betrekking tot die gebruik van wetenskaplike tegnieke en metodes in misdaadondersoek. Forensiese deskundiges is op die toneel om die moord te ondersoek; ‘n forensiese ondersoek; forensiese geneeskunde. [Latyn forensis tot die forum behorende.]
Provided by Everton Dankuru Attorneys
© DotNews. All Rights Reserved.