Jou Webwerf van die Maand: Lei jou brein om kreatiwiteit en innovasie te ontsluit
"Creativity is intelligence having fun” (Albert Einstein)
Om kreatiwiteit en innovasie in jou besigheid aan te vuur, is nie net bevorderlik vir jou wins nie, maar vir die meeste besighede is dit 'n kwessie van oorlewing. Daar is altyd die volgende ontwrigtende gebeurtenis of twee in jou besigheid wat net wag dat jy stagneer en agter raak.
Soos Dokter Srini Pillay (‘n gebore Suid-Afrikaner, Harvard-opgeleide psigiater, breinwetenskaplike, tegnologie-ondernemer en musikant) sê: “Kreatiwiteit is nie net vir kunstenaars of mense in die sakewêreld nie. Kreatiwiteit is vir enige persoon wat 'n ongewone manier wil vind om hul lewens na die volgende vlak te neem.” Luister na die volledige artikel “Train your brain to unlock creativity and innovation” op Maverick Life.
Uit die HAT:
Breingimnastiek: Stelselmatige oefening om die verstand te ontwikkel.
Breingimnastiek kan baie doeltreffend wees teen veral stres.
Provided by Scheibert & Associates Inc
© DotNews. All Rights Reserved.