Augustus se Webwerf: Entrepreneurs En Daardie Deurbraak
“Silver Bullet, noun: A simple and seemingly magical solution to a complicated problem” (Oxford Woordeboek)
Ons droom almal van ‘n eenvoudige stukkie advies wat vir ons sakesukses op ‘n magiese manier sal waarborg. Dit is natuurlik nie so eenvoudig nie.
Volgens Entrepreneur Magazine se artikel “There Is No Magic Formula for Small-Business Success -- Only This” (op hul webwerf te http://www.entrepreneur.com/article/234924) bly die basis van sakesukses nog steeds harde werk en ondervinding.
Hiernaas gaan dit ook oor die praktiese en toegepaste uitvoering van die volgende 5 stappe -
- Artikuleer ‘n duidelike missie vir jou besigheid,
- Stel die regte mense aan,
- Stel realistiese doelwitte vir jou besigheid,
- Monitor deurlopend jou vordering met die bereiking van hierdie doelwitte,
- Los die onvermydelike konflikte op wat van tyd tot tyd in jou besigheid gaan ontstaan.
Provided by Darrolls Attorneys, Notaries & Conveyancers
© DotNews. All Rights Reserved.