Ooreenkomste om nie te dagvaar nie – wees versigtig!
“Ooreenkomste om nie te litigeer nie, is nie noodwendig onredelik nie.” (Uittreksel uit die uitspraak hieronder.)
Met “'n Ooreenkoms om nie te dagvaar nie" onderneem een party om nie regstappe teen 'n ander te neem nie. Dit is een manier om te verseker dat geskille nie in die hof beland nie. Jy kan hierdie ooreenkoms in uiteenlopende situasies teëkom, soos in 'n besigheidsomgewing, met 'n familietwis, met 'n geskil tussen bure, of selfs tussen vriende.
Veral enige ooreenkoms wat ‘n kompromie bevat, waarin die partye hul dispuut besleg, sal heel waarskynlik so 'n klousule bevat. Terloops, as jy ‘n klousule of verwysing sien na 'n “pactum de non petendo anticipando ” is dit Latyns vir dieselfde ding.
Die voordele
Die voordele van 'n ooreenkoms om nie te dagvaar nie, is dat dit jou tyd, geld en stres kan bespaar. Om hof toe te gaan kan 'n lang en ingewikkelde proses wees, en 'n ooreenkoms om nie te dagvaar nie, beteken dat jy dit alles kan vermy. Dit kan die partye ook toelaat om 'n oplossing te vind wat wedersyds aanvaarbaar is, eerder as dat 'n hof 'n besluit vir die partye moet neem.
Die nadele en risiko's
Daar is egter ook nadele en risiko's om te oorweeg.
Jy mag dalk dink dat jy nooit ’n grondwetlik gewaarborgde reg kan verloor soos dié wat aan ons almal die reg op toegang tot die reg verleen nie. Ons howe sal enige “ooreenkoms om nie te dagvaar nie” met groot omsigtigheid benader. 'n Onlangse beslissing van die Hoogste hof van Appèl maak dit duidelik dat sulke ooreenkomste wel in gepaste gevalle geldig en afdwingbaar is. In so uitsonderlike geval het jy dan geen toegang tot die howe as die ander party nie hul deel van die ooreenkoms nakom nie.
’n Eis van R1,225 miljard wat deur ’n “beperkte en redelike” klousule gestuit is
- ’n Ingewikkelde reeks kontrakte het verkeerd geloop, en een van die partye het ’n bank vir R1,225 miljard gedagvaar.
- Die bank het staatgemaak op die klousule - "Ooreenkoms om nie te dagvaar nie"- wat deel was van die partye se kontrak. Die Hooggeregshof het met die bank saamgestem en het die eisers beveel om hul aksie terug te trek. Hierna het die Hoogste Hof van Appèl daardie beslissing op appèl bevestig en ook die belangrike oorwegings uitgelig wat 'n hof in so 'n geval sal oorweeg –
- 'n Ooreenkoms om nie te dagvaar nie “is 'n ooreenkoms soos enige ander ... Dit is 'n kontrak wat aanleiding gee tot regte en meegaande verpligtinge. Die omvang van hierdie reg verskil van geval tot geval en is afhanklik van die teks en van die feite.”
- Dit kan vir 'n beperkte tyd wees of dit kan "ewigdurend van toepassing wees".
- "Howe moet die mag om 'n kontrak ongeldig te verklaar of nie af te dwing nie, spaarsamig gebruik en dan slegs in die duidelikste gevalle ... dit moet steeds getoets en gebalanseer word teen die agtergrond van ons grondwetlike regte en waardes."
- Die eisers was ten volle ingelig oor hul regte en het vrylik en vrywillig tot die klousule ingestem. Hul ooreenkoms om nie te dagvaar nie was nie 'n afstanddoening van hul grondwetlike regte nie, dit was wel 'n ooreenkoms om dit nie af te dwing nie.
- Die klousule was nie teen die openbare beleid nie – die eisers het deurentyd regsverteenwoordiging gehad (hulle het meer as R16 miljoen aan regsadvies bestee), hulle was almal ervare sakelui wat in staat was om die meriete, risiko's en geskiktheid van die klousule te evalueer, en daar was gelyke bedingingsmag tussen die partye. Dalk is die belangrikste dat die hof bevind het dat die ooreenkoms “nie verder gegaan het as wat nodig was om baie spesifieke litigasie te voorkom nie. As sodanig is dit 'n beperkte en redelike beperking op die Appellante se vermoë om te litigeer .”
- 'n Ooreenkoms om nie te dagvaar nie “is 'n ooreenkoms soos enige ander ... Dit is 'n kontrak wat aanleiding gee tot regte en meegaande verpligtinge. Die omvang van hierdie reg verskil van geval tot geval en is afhanklik van die teks en van die feite.”
Kontrakspartye neem kennis.
'n Ooreenkoms om nie te dagvaar nie, is 'n ernstige dokument met beide voor- en nadele. As jy gevra word om een te onderteken, oorweeg die voor- en nadele noukeurig.
Verkry ook die nodige advies om jou te help om die bepalings van die ooreenkoms te verstaan en te verseker dat jou regte beskerm word.
Provided by B. R. Sandwith Inc.
© DotNews. All Rights Reserved.