Ons raak formeel.
“Bona fide”
'n Belangrike en baie algemene regsbegrip, die Latynse frase "bona fide" oftewel “te goeder trou” of "in goeie trou". Dit hou in dat daar geen bedrog of wanvoorstelling ter sprake is nie. Die teenoorgestelde daarvan is "mala fide" of "in slegte trou". 'n Fundamentele konsep in die reg vanaf antieke Romeinse tyd, word die konsep steeds twee eeue later in regstelsels regoor die wêreld erken en gebruik!
In Suid-Afrika is dit dikwels in ons hofbeslissings en in wetgewing ter sprake. Die bevinding dat iets "bona fide" gedoen was of nie, kan dikwels bepalend wees vir die uitkoms van litigasie.
Provided by B. R. Sandwith Inc.
© DotNews. All Rights Reserved.