Webwerf van die Maand: Begin ‘n Besigheid in 2021
Het die inperking van 2020 veroorsaak dat jy jou werk verloor het of dat jou besigheid te gronde gaan? Of het dit dalk vir jou ’n briljante idee vir ’n nuwe besigheid gegee? Ongeag, 2021 mag dalk net ’n jaar vol nuwe geleenthede wees vir dié wat hul eie besighede wil begin. As die opwinding en voordele van entrepreneurskap by jou aanklank vind, kyk gerus na “Starting a Business” op die Small Business Site se webwerf
hier vir kontrolelyste en artikels soos hierdie –
- “#20Lessons20Years”,
- “Small business compliance guide”,
- “Where can I register my company in South Africa” en dies meer.
Jou heel eerste stap, soos altyd, is eers ’n besoek aan jou prokureur. Daar is belangrike regsvereistes om te oorweeg voordat jy kan begin sake doen. Jy sal vooraf moet besluit op die mees gepaste besigheidstruktuur waarin jy gaan sake doen (eenmansaak, vennootskap, maatskappy, trust, ens.).
Uit die HAT:
Nuutgebore b.nw. pas gebore; ‘n nuutgebore baba/demokrasie.
Provided by Scheibert & Associates Inc
© DotNews. All Rights Reserved.
Disclaimer
Die inligting hierin vervat is van ‘n algemene aard en moet nie as professionele advies gebruik word nie. Geen aanspreeklikheid kan aanvaar word vir enige foute of weglatings of enige skade of verlies wat volg uit die gebruik van enige inligting hierin vervat nie. Kontak altyd u professionele adviseur vir spesifieke en toegepaste advies.