Webwerf van die Maand: Moenie dat die Kersseisoen jou onder kry nie!
"You can tell a lot about a person by the way they handle three things: a rainy day, lost luggage and tangled Christmas tree lights." (Maya Angelou)
Desembervakansies is 'n tyd om rustig te raak, jou batterye te herlaai en 'n bietjie kwaliteit tyd saam met jou gesin deur te bring. Dit kan ook stresvol wees. Daar is 'n rede waarom mense dikwels na die Kersseisoen as die "Silly Season" verwys.
Moenie dat die druk jou onderkry nie! Ontspan, haal diep asem en lees “10 tips to reduce festive season stress” op die Lionesses of Africa se webwerf.
Wat jy ook al doen, maak seker dat jy goed uitrus en jou blaaskans geniet!
Uit die HAT:
vrede s.nw. toestand van kalmte en rus: ‘n huis waarin daar vrede heers; na rus en vrede verlang; Genade vir julle en vrede van God (2 Kor. 1:2). Dis vrede nou, die oorlog is verby. (CL Leipoldt)
Provided by Everton Dankuru Attorneys
© DotNews. All Rights Reserved.