Werkgewers: Moenie die sperdatum vir die verslag oor diensbillikheid mis nie!
Voordat jy die jaar afsluit, onthou dat indien jy ’n “aangewese” werkgewer is, jou Wet op Gelyke Indiensneming (“WGI”)-verslag (Employment Equity Act Report) (“EEA”) teen 15 Januarie 2023 ingedien moet word.
Versuim om daaraan te voldoen, hou aansienlike boetes vir jou besighied in, so moenie hierdie sperdatum misloop nie.
Jy sal waarskynlik 'n aangewese werkgewer wees as –
- Jy 50 of meer werknemers in diens het, óf
- Jou jaarlikse omset gelyk is aan jou spesifieke bedryf se drempel, of dit oorskry dit. Sien die tabel hieronder vir besonderhede.
(Bron – Bylae 4 by die Wet op Gelyke Indiensneming)
Daar is ook goeie nuus in die pyplyn vir sommige KMO's
Die goeie nuus vir kleiner ondernemings wat met hierdie rompslomp sukkel, is dat die drempeltoets aan die einde van September 2023 waarskynlik gaan wegval. Indien jy minder as 50 werknemers het, sal jy vanaf Oktober volgende jaar af nie meer verslag hoef te doen nie. Maar vir nou, as jy in die omsetnet val, moet jy seker maak dat jy die sperdatum van 15 Januarie nakom.
Hou ook in gedagte dat alle werkgewers, aangewese of nie, aan die WGI (EEA) se streng verbodsbepalings teen onbillike diskriminasie moet voldoen.
Provided by Everton Dankuru Attorneys
© DotNews. All Rights Reserved.