Jou Januarie Webwerf: Hou by jou Nuwejaarsvoornemens met stickK.com
Of dit nou op jou besigheid of op jou private lewe van toepassing is, om jou doelwitte en resolusies deur te voer bly ‘n uitdaging. Verbeter jou kanse om dit deur te voer met die gebruik van die platform stickK.com (die “K” staan vir die Kontrak wat jy met jouself aangaan - die aangeduide “Commitment Contract”).
In ‘n neutedop –
-
Die platform is deur gedragsekonome van die Universiteit van Yale geskep. Dit fokus daarop om jou onderliggende, natuurlike behoefte om verantwoordbaar te wees en om beloon te word, tot jou voordeel te gebruik.
-
Jy word met sekere hulpmiddels bemagtig om jou teen jou eie natuur te beskerm. Die platform gebruik sielkunde en mense se natuurlike ingesteldheid om verliese te vermy en om verantwoordbaar te wees ten einde gedragspatrone te verander.
-
Jy moet self jou pasgemaakte plan van aksie uiteensit oor hoe jy die doelwit gaan bereik. Jy definieer in die eerste plek die doelwit. Dan bepaal jy die periode waarbinne jy die einddoel wil bereik. Plaas dan iets op die spel – dit kan geld wees of dit kan jou reputasie wees. In wese het jy nou ‘n formele weddenskap met jouself aangegaan. Indien jy dit nie nakom nie, betaal jy.
-
Jy kan Referente en Ondersteuners aanstel om jou deur die proses te help; jy kan ook aansluit by ander wat ‘n soortgelyke doelwit nastreef.
- Besighede kan Korporatiewe rekeninge (“Corporate Accounts”) oopmaak om werknemers by te staan, om mediese- en gesondheidskostes te verminder en om produktiwiteit te verbeter.
Kyk eers na die bepalings oor privaatheid en oor sekuriteit ("Privacy and Security") voordat jy aansluit.
Uit die HAT
vlamboog s.nw. boog van oorspringende elektriese vonke, veral gebruik om te las.
Provided by Kramer Villion Norris - KVN
© DotNews. All Rights Reserved.