Webwerf van die Maand: Gemeenskapskemas - "CSOS Connect" Hierdie dienste is nou regstreeks beskikbaar.
As jy in 'n Gemeenskapskema soos 'n Deeltitelontwikkeling of in 'n kompleks met 'n Huiseienaarsvereniging woon, hou dan gerus die "Shared Living" tydskrif van CSOS (Community Schemes Ombud Service) op hul Nuusblad dop. Die meeste van die artikels is gemik op Regspersone, Huiseienaarsverenigings en Bestuursagente. Eienaars en huurders sal ook waardevolle inligting in baie van die onderwerpe wat hanteer word, vind.
Klik hier op Uitgawe 19 (Oktober – Desember) en gaan na bladsy 7 vir 'n bondige opsomming (hou jou luidsprekers aan) oor CSOS Connect se aanlyndienste. Tans is daar nog net beperke dienste regstreeks beskikbaar. Die volle ontplooiing van aanlyndienste word vir vroeg 2023 beplan. Hopelik gaan die korrespondensie en interaksie met CSOS net beter en makliker word!
Uit die HAT:
Nutsmaatskappy (s.nw) Maatskappy wat teen billike tariewe noodsaaklike openbare dienste lewer, soos die voorsiening van krag, water en telefoon- en posdienste.
Provided by B. R. Sandwith Inc.
© DotNews. All Rights Reserved.