Dubbele gevaar (“double jeopardy”) vir belastingontduiking – boetes plus vervolging.
“Administrative penalties and criminal proceedings do not serve the same purpose. The [one] is aimed at strengthening internal controls of the administrative authority and to promote compliance while the other is aimed at correcting a behaviour that caused harm to the society.” (Geneem uit hierdie uitspraak.)
SARS het aangekondig dat hulle streng sal optree teen diegene wat nie hul belastingverpligtinge nakom nie. 'n Onlangse beslissing van die hooggeregshof wys die gevare indien jy vir “opsetlike belastingontduiking” uitgevang word.
SARS is met R1,3 miljoen benadeel.
- ’n Beslote korporasie (BK) wat vir beide Inkomstebelasting en BTW (Belasting op Toegevoegde Waarde) geregistreer is, het oor ’n tydperk van vier jaar Nul opgawes aan SARS gelewer, wat aandui dat geen inkomste gegenereer is nie en geen uitgawes aangegaan is nie.
- Tydens ‘n belastingoudit stel SARS vas (en die BK het dit erken) dat die belastingopgawes vals was. SARS is hierdeur benadeel en bedrae van R819,607 vir BTW en R493,600 vir Inkomstebelasting was hier ter sprake.
- SARS het boetes van 10% gehef op hierdie laat betalings en het ook boetes van 150% gehef vir die Inkomstebelasting en vir die BTW wat nie verklaar is nie. Die boete van 150% is opgelê as gevolg van hierdie opsetlike belastingontduiking.
- Die BK en die lid is ook strafregtelik vervolg vir opsetlike belastingontduiking.
Boetes en strafregtelike vervolging – is dit ‘n geval van “Double Jeopardy”?
Hulle het by die Hooggeregshof aansoek gedoen vir 'n bevel om te verklaar dat die betrokke artikels van die Wet op Belastingadministrasie ongeldig sou wees. Die argument was dat dit teenstrydig met die grondwet sou wees om die belastingbetaler twee keer te straf vir dieselfde strafregtelike oortreding van opsetlike belastingontduiking.
Wat die vraag laat ontstaan het of dit 'n geval van dubbele of gedupliseerde vervolging was of nie. Was hierdie “Double Jeopardy”, en in stryd met die regsreël dat niemand twee keer vir dieselfde oortreding gestraf mag word nie. Jy kan mos nie herhaaldelik vir dieselfde oortreding vervolg word nie.
Die hof bevind tot die teendeel. Niks verhinder dat ‘n handeling tot siviele administratiewe optrede kan lei nie en dieselfde handeling kan ook aanleiding gee tot strafregtelike vervolging. Hier is nie sprake van ‘n ontoelaatbare dubbele straf of sanksie nie. Die hof vind dit in orde vir SARS om die belastingbetaler voor 'n administratiewe liggaam tot verantwoording te roep vir die wangedrag, en ook om die strafregtelike proses te volg. Die feite is soortgelyk, maar dit is twee afsonderlike prosesse.
Die BK en die lid, moes reeds die administratiewe strawwe hanteer, en die boetes van 10% en van 150% op die BTW en op die Inkomstebelasting betaal. Nou staar hulle ook strafregtelike vervolging in die gesig. Kriminele rekords, aansienlike boetes en direkte gevangenisstraf is hier alles moontlikhede.
Provided by B. R. Sandwith Inc.
© DotNews. All Rights Reserved.