Regspersoon V Die Onaangename Buurman: Hof Tot Die Redding
Ongelukkig is dit in al te veel residensiële komplekse ‘n bekende verskynsel : ‘n irrasionele, aggressiewe en ontwrigtende eienaar in die kompleks. Hy of sy maak oral waar hul gaan moeilikheid. Ander eienaars asook die regspersoon se trustees word dikwels vrylik geteiken en aangeval.
Wat kan mens daaromtrent doen? In gevalle waar dit ernstige vlakke bereik, sal die Howe wel tot jou redding kom. ‘n Onlangse uitspraak van die Hoë Hof illustreer die punt.
Teistering – dit kan lei tot gevangenis ....
.... en duur
Die Hof bevind ook dat die hofaansoek veroorsaak is deur die eienaar se irrasionele en bittere gedrag. Die Hof beveel dan ook dat die eienaar die regspersoon se regskostes op die bestraffende skaal soos tussen prokureur-en- kliënt moet betaal.
Teistering – dit kan lei tot gevangenis ....
- In hierdie geval het die eienaar van ‘n deeltiteleenheid die regspersoon en die trustees tot so ‘n mate geteister dat hulle ‘n hofbevel teen hom verkry het. Sodanige hofbevel het hom verbied om klagtes en besware en deurlopende kommentaar te maak, anders as by wyse van formele en skriftelike kommunikasie gerig aan die regspersoon se aangewese sekretaris.
- Die eienaar het hom nie aan die hofbevel gesteur nie en het die bevel op ten minste drie geleenthede oortree. Hy het byvoorbeeld gedreig om die trustees se dakteëls te verwyder sodat hulle self sou kon beleef hoe dit is om in ‘n eenheid te bly met ‘n dak wat lek. Hy het ook aggressief beswaar gemaak teen die manier waarop ‘n trustee sommige potplante geverf het. Die bevinding dat die vroulike trustees die ergste onder sy aanvalle deurgeloop het, het die saak teen hom waarskynlik versterk. Vandaar die aanhaling hierbo ter stawing dat die trustees fisies geïntimideer gevoel het.
- Die Hof bevind dat hy duidelik die oorspronklike hofbevel oortree en geminag het. Die Hof vonnis hom tot gevangenisstraf van ses maande. Die gevangenisstraf word vir vyf jaar opgeskort op voorwaarde dat die skuldige eienaar nie enige van die trustees sal lastig val of persoonlik kontak nie. Die hof bepaal en benadruk ook dat alle toekomstige kommunikasie in die vorm van besware, griewe, voorstelle of kommentaar skriftelik aan die regspersoon se sekretaris gerig moet word.
.... en duur
Die Hof bevind ook dat die hofaansoek veroorsaak is deur die eienaar se irrasionele en bittere gedrag. Die Hof beveel dan ook dat die eienaar die regspersoon se regskostes op die bestraffende skaal soos tussen prokureur-en- kliënt moet betaal.
Provided by Kramer Villion Norris - KVN
© DotNews. All Rights Reserved.