Jou Gids Om In Die Vakansieseisoen Huis Te Koop Of Te Verkoop
“Buy land – they’ve stopped making it” (Mark Twain)
Die koop of verkoop van ‘n huis kan na ‘n ingewikkelde en verwarrende proses lyk, maar daar is hulp beskikbaar. Kyk gerus na hierdie eenvoudige oorsig: “Koop of Verkoop ’n Huis?” op die Prokureursorde van Suid-Afrika se webwerf http://www.lssa.org.za/legal-practitioners/resources-for-attorneys/misc/public-information-brochures/misc/buying-and-selling-a-house.
Soos gereelde LawDotNews lesers weet, moet jy hierdie belangrike beginsels onthou -
- Indien jy die verkoper is, het jy die reg om te kies wie jou aktebesorger vir jou transaksie moet wees. (‘n Aktebesorger is die spesialis prokureur wat die verandering van eienaarskap in die Aktekantoor sal registreer.) Kies ‘n aktebesorger wat jy kan vertrou om jou transaksie met spoed en integriteit af te handel.
- Wanneer jy ‘n eiendom in ‘n kompleks aankoop, sal jy aan sekere reëls en regulasies gebind word. In die geval van ‘n deeltiteleenheid sal dit die reëls en regulasies van die kompleks se Regspersoon wees, waarvan jy outomaties met oordrag ‘n lid word. Indien die eiendom deur ‘n Huiseienaarsvereniging (“HEV”) bestuur word, sal dit die reëls en regulasies van die HEV wees. In ‘n onlangse geval wat in die Hoë Hof bereg is, is ‘n huiseienaar in ‘n landgoed beveel om haar besigheid wat seminare en lesings aangebied het, te staak. Die aanbiedinge was in stryd met haar kontraktuele verpligting teenoor die HEV wat bepaal het dat enige sakebedrywighede aan alle plaaslike stadsbeplanningsregulasies en wetgewing moes voldoen. Lees en verstaan al die reëls en regulasies voor jy koop!
- Met eiendomstransaksie kan daar baie maklik ernstig fout kom; vir die meeste mense sal hul huis ook hul mees waardevolle en belangrikste enkele bate wees. Moet dus geen kanse waag nie. Kom op niks ooreen nie, totdat jou prokureur saam met jou na die voorgestelde ooreenkoms gekyk het en vir jou die groen lig gegee het om te teken!
Provided by Kramer Villion Norris - KVN
© DotNews. All Rights Reserved.