Elektroniese Wilsoorenstemming – Dit Is So Bindend Soos Op Papier
In verlede maand se uitgawe het ons daarop gewys dat dit belangrik is om ‘n “geen wysigingsklousule” in elke ooreenkoms te hê. In hierdie uitgawe wys ons op die gevaar om ooreenkomste by wyse van e-pos of ander elektroniese kommunikasie te sluit, te wysig of te kanselleer, selfs al dink jy daar kom later nog ‘n finale ondertekening.
Is die ooreenkoms in die kuberruim gewysig of nie?
Vrae oor die wysiging van ooreenkomste per e-pos is onlangs in die Hoogste Hof van Appèl ondersoek -
Is die e-posse “skriftelik”?
Ons wetgewing is duidelik. ‘n Wetlike vereiste dat ‘n dokument of inligting op skrif moet wees, word nagekom indien ‘n dokument of inligting -
Vrae oor die wysiging van ooreenkomste per e-pos is onlangs in die Hoogste Hof van Appèl ondersoek -
- Die eienaar van volledige eenhede wat as motorwasserye uitverhuur is, het die eenhede aan “operateurs” uitverhuur. Hierdie ooreenkoms het ‘n “geen wysigingsklousule” bevat. Daar is wel voorsiening daarvoor gemaak, dat kansellasie by ooreenkoms tussen die partye kon geskied. Sodanige ooreenkoms van kansellasie moes egter geheel op skrif wees en deur beide partye onderteken wees om geldig te wees.
- Een van die operateurs het finansiële moeilikheid met sy motorwassery gehad. Hy het, in ‘n reeks van e-posse wat tussen die partye uitgeruil is, die moontlikheid van kansellasie van die ooreenkoms met die eienaar bespreek. Die e-posse is afgesluit met die afsender se naam en in die meeste gevalle is slegs die afsender se voornaam gebruik.
- Die Hof bevind dat die operateur met hierdie elektroniese kommunikasie (hierdie e-posse) die ooreenkoms op ‘n geldige wyse gekanselleer het.
Ons wetgewing is duidelik. ‘n Wetlike vereiste dat ‘n dokument of inligting op skrif moet wees, word nagekom indien ‘n dokument of inligting -
- In die vorm van ‘n data boodskap is; en
- Toeganklik is vir latere verwysing en gebruik.
In hierdie geval voldoen die partye se e-posse aan hierdie vereistes en is dit ook “skriftelik”.
Wat van die vereiste van “ondertekening”?
Ons regstelsel erken twee tipes elektroniese handtekeninge -
Wat van die vereiste van “ondertekening”?
Ons regstelsel erken twee tipes elektroniese handtekeninge -
- ‘n Gevorderde elektroniese handtekening, met ‘n digitale sertifikaat van ‘n geakkrediteerde magtigingsliggaam, wat vereis word, waar enige wetgewing van die partye vereis om handtekeninge aan te bring.
- Waar ‘n handtekening nie deur wetgewing vereis word nie, maar wel tussen die partye ooreengekom word (soos in hierdie geval met die geen wysigingsklousule), word slegs ‘n “gewone” elektroniese handtekening verlang. Geen geakkrediteerde sertifikaat word benodig nie. Enige data wat deur die afsender as ‘n handtekening bedoel word, is dus voldoende.
Die versender se getikte naam aan die einde van ‘n e-pos (of ander data boodskap) sal gevolglik, tensy die partye uitdruklik op die gebruik van ‘n spesifieke elektroniese handtekening ooreengekom het, voldoende wees.
Dit moet egter -
- Die afsender identifiseer,
- Die afsender se aanvaarding of goedkeuring van die inligting oordra, en
- Onder die spesifieke omstandighede, ‘n aanvaarbare manier wees om die inligting en die aanvaarding daarvan oor te dra.
Die hof bevind dat in hierdie spesifieke geval ‘n gewone elektroniese handtekening voldoende was. Die uitruil van e-posse voldoen aan hierdie vereiste en dit was inderdaad “onderteken” in die konteks van die partye se kommunikasie.
Die hof bevind dan dat die ooreenkoms wel op geldige wyse gekanselleer was.
Watter kontrakte kan nie elektronies gesluit word nie?
Sekere ooreenkomste mag glad nie by wyse van elektroniese handtekeninge gesluit word nie. Die twee bekendste is seker ooreenkomste oor die verkoping van grond of onroerende eiendom aan die een kant en testamente aan die ander kant. Hierdie ooreenkomste en dokumente moet dus op skrif, op papier en fisies deur die partye met hul handtekeninge onderteken word.
Drie aspekte om in gedagte te hou

- In die meeste gevalle sal ‘n ooreenkoms geldig wees, al is dit ‘n mondelingse ooreenkoms. ‘n Mondelingse ooreenkoms is egter ‘n resep vir onduidelikheid en toekomstige twispunte. Daarom is dit raadsaam dat enige ooreenkoms op skrif gestel moet word en deur die partye onderteken moet word. Jy behoort ook seker te maak dat ‘n “geen wysigingsklousule” in die ooreenkoms vervat is.
- Hierna moet jy nog steeds let op enige wysigings aan die ooreenkoms wat tussen die partye gesluit word. Onthou dit is nie net per e-pos nie, maar ook via enige ander tipe data boodskap (dink maar aan SMS, What’s App boodskappe, Sosiale media boodskappe ensovoorts).
- Jy moet dit dus in jou ooreenkoms duidelik maak of -
- Elektroniese verslagdoening, handtekeninge, wysiging en/of kansellasie geldig en bindend tussen die partye sal wees,
- En indien wel, moet jy uitdruklik spesifiseer wat die formaat is wat gebruik moet word.
- Elektroniese verslagdoening, handtekeninge, wysiging en/of kansellasie geldig en bindend tussen die partye sal wees,
Provided by Wessels + van Zyl Inc
© DotNews. All Rights Reserved.