Ons raak formeel.
"Pro bono"
“Pro bono” (of “pro bono publico” wat “in die openbare belang” beteken) word gewoonlik gebruik in die konteks van gratis regsadvies en bystand wat deur prokureurs aan mense wat nie hul dienste kan bekostig nie, gegee word. Dit kan ook verwys na ander professionele dienste wat vrywillig en sonder koste verskaf word.
Volgens die Prokureursorde van Suid-Afrika, “Om vir gratis regsbystand te kwalifiseer, moet 'n persoon aan 'n 'middelletoets' ('n maksimum maandelikse inkomste of selfs geen inkomste) voldoen en 'n regsprobleem met meriete hê … Wanneer so ‘n persoon na 'n pro bono prokureur verwys word, is die kliënt slegs verantwoordelik vir die koste van uitbetalings (werklike uitgawes), soos baljufooie, en die prokureur sal geen fooie hef vir die werk en regsdienste wat hy of sy lewer nie.”
Provided by B. R. Sandwith Inc.
© DotNews. All Rights Reserved.