Hoe om jou digitale teenwoordigheid te beskerm: ‘n Eenvoudige kontrolelys vir webwerf-nakoming.
“Dit is belangrik om in ag te neem dat jou mededinger net een muisklik weg is” (Doug Warner)
Jou webwerf, sosiale media-profiele en ander aanlynplatforms speel 'n belangrike rol in jou besigheidstrategie en in jul strewe om ten alle tye voor jul mededingers te bly.
Dit gaan egter nie net oor doeltreffende bemarking nie. Om aan die regulasies te voldoen is ewe belangrik, hoewel dit dikwels oor die hoof gesien word.
Waarom is nakoming belangrik?
Nakoming verseker dat jou besigheid:
- Aan alle wetlike vereistes voldoen.
- Risiko's verbonde aan gebruikersbetrokkenheid verminder.
- Jou handelsmerk en beeld verbeter.
- Vertroue en lojaliteit by gebruikers bou.
- Jou reputasie beskerm.
- Verhoed dat jy onnodige kostes aangaan.
'n Kontrolelys vir webwerf-nakoming.
Webwerfnakoming behels die nakoming van verskeie wette, regulasies en standaarde wat aanlynbedrywighede en inhoud beheer. Dit sluit die volgende in:
- Wetlike nakoming: Jou webwerf moet voldoen aan plaaslike, nasionale en internasionale wetgewing, wat aanlynbesigheid, intellektuele eiendom en vereistes vir verbruikerbeskerming dek.
- Toeganklikheidvoldoening: Webwerwe moet toeganklik wees vir mense met gestremdhede, soos vereis deur sommige lande se wette.
- Nakoming van “koekies”: Lig gebruikers in oor koekies (“cookies”) en verkry toestemming van die spesifieke gebruiker, voordat jy dit op hul toestelle plaas, soos wat baie lande vereis.
- Privaatheidsnakoming: Voldoen aan privaatheidsregulasies wanneer verbruikers se data ingesamel word, soos POPIA in Suid-Afrika en (waar van toepassing) GDPR* in die EU. (*General Data Protection Regulation)
- Sekuriteitsnakoming: Implementeer sekuriteitsmaatreëls soos enkripsie en veilige aanmeldings om gebruikersdata te beskerm en om ongemagtigde toegang te voorkom.
- Voldoening aan inhoud: Maak seker dat die inhoud nie wetgewing oor kopiereg- of handelsmerk oortree nie.
- Finansiële nakoming: Voldoen aan regulasies vir aanlyn betalings en finansiële transaksies indien jul webwerf sulke aktiwiteite en transaksies hanteer.
- Advertensienakoming: Maak seker dat advertensies aan advertensiestandaarde en regulasies voldoen. Geen misleiding nie en geen oortreding van wette sal geduld word nie.
- Bepalings van diens/ algemene verskaffing en beleide: Maak regsdokumente duidelik, deursigtig en wettig vir gebruikers om te vertrou en daartoe in te stem.
- Bedryfspesifieke nakoming: Sommige sektore het spesifieke regulasies, soos gesondheidsorgwebwerwe wat aan privaatheidswette oor gesondheidsinligting moet voldoen.
Integreer voldoening reeds in stap 1 met jul webwerf se ontwikkeling
Integreer voldoening in die heel vroegste ontwikkelingsfase van jul webwerf. Moet nie net op inhoud fokus nie, maar ook op ontwerp en op jul proses. Dit verseker dat jou aanlyn-teenwoordigheid vanuit die staanspoor aan die vereistes sal voldoen, wat die risiko van kwessies oor nie-nakoming verder sal verminder.
Provided by B. R. Sandwith Inc.
© DotNews. All Rights Reserved.