Mei se Webwerf: Jou Vergane Skootrekenaar – Wat Kan Jy Daarmee Doen?
Indien jou skootrekenaar/rekenaar/televisiestel/tablet of selfoon die gees gegee het, moet dit nie net weggooi nie. E-afval (elektroniese en elektriese afval) bevat waardevolle sowel as gevaarlike materiaal; dit behoort deur spesialiste hanteer en herwin te word.
E-afval kan nie net saam met die res van jou huishoudelike afval weggemaak word nie – dit bevat gevaarlike stowwe soos lood, kadmium en berillium wat beduidende gesondheidsrisiko’s vir individue en gemeenskappe inhou. Wat kan jy daarmee doen?
Besoek hierdie webwerf vir sinvolle antwoorde. Vind jou naaste versamelingspunt en besonderhede oor herwinnaars en opknappers van elektroniese toerusting op die webwerf van die “e-Waste Association of South Africa” te www.ewasa.org. Klik op “Recycling” om te sien wie doen dit in jou omgewing.
Hier kyk ons na enige iets wat met elektrisiteit werk. Dit sluit in uitgediende rekenaars, elektronika, selfone, huishoudelike toestelle, uitgediende buisligte, batterye, battery aangedrewe speelgoed ensovoorts.
Veiligheidsmaatreëls: Onthou om die geheue en hardeskyf van enige rekenaar of selfoon skoon te maak voordat dit oorhandig word. Anders kan sensitiewe inligting soos bankbesonderhede, kredietkaartnommers, persoonlike en maatskappy-inligting in die verkeerde hande beland.
Provided by Darrolls Attorneys, Notaries & Conveyancers
© DotNews. All Rights Reserved.