Jou Woning In ‘n Familietrust – Wat Gebeur Met ‘n Egskeiding?
Jou woning is in die naam van ‘n familietrust geregistreer. Hoe sal die situasie hanteer word indien ‘n egskeiding sou volg? Moet ‘n gedeelte van die huis se waarde aan jou toegeken word?
Hierdie saak het uiteindelik in die Hoogste Hof van Appèl gaan draai.
Die aanslag op die trust
Die feite in hierdie geval was as volg: –
Trustees en eggenote – wat kan mens hieruit leer?
In hierdie geval was die partye in gemeenskap van goed met mekaar getroud. As ‘n algemene reël sal die hof dan ‘n 50/50 verdeling van die bates in die gemeenskaplike boedel beveel.
In teenstelling hiermee, met ‘n huwelik buite gemeenskap van goed, beskik die hof oor ‘n wye diskresie om bates tussen die partye te verdeel en om bevindings te maak oor die ware eienaarskap van bates (insluitend bates van derde partye soos ‘n trust) en om dan te beveel dat bates aan ‘n spesifieke party toegeken en oorhandig moet word. Indien die partye buite gemeenskap van goed getroud was, sou die vrou se bewerings oor wanbestuur van die trust relevant gewees het en kon dit die uitslag van die saak verander het.
Die twee belangrikste lesse uit hierdie saak –
Hierdie saak het uiteindelik in die Hoogste Hof van Appèl gaan draai.
Die aanslag op die trust
Die feite in hierdie geval was as volg: –
- ‘n Man en vrou het met mekaar in die huwelik getree – ‘n huwelik in gemeenskap van goed.
- ‘n Egskeiding het gevolg.
- Met die egskeiding het die vrou aanspraak gemaak op ‘n 50% aandeel in die gesinswoning; volgens haar was dit deel van die gemeenskaplike boedel.
- Die man dui op sy beurt aan dat die woning in die naam van ‘n diskresionêre familietrust geregistreer was; hy en sy broer was die aangestelde trustees; hulle kon die begunstigdes van die trust kies uit die geledere van sy kinders.
- Die partye het voor hul huweliksluiting in die huis ingetrek. Twee jaar nadat hulle ingetrek het, het die trust die huis gekoop.
- Die partye het ‘n jaar later getrou en het vir nog nege jaar in die woning gebly, tot met die egskeiding.
- Die vrou het aangevoer dat die trust se bates deel moes wees van die gemeenskaplike boedel. Volgens haar –
- Het haar man haar mislei. Volgens hom sou die woning slegs in ‘n trust wees om hulle teen sy handelskrediteure te beskerm; die twee sou as man en vrou ooreenkom oor die trust se begunstigdes en sy sou 50% van die huis kry met ‘n egskeiding.
- Was die trust ook haar man se “alter ego”. Hy het die trust vir sy eie voordeel beheer en het dit gebruik om sy eie welvaart op te bou.
- Die Hoë Hof het die vrou gelyk gegee en het beveel dat die trust se bates wel deel moes wees van die gemeenskaplike boedel vir verdeling tussen die huwelikspartye.
- Die man was nie tevrede met hierdie bevinding van die Hoë Hof nie en neem die bevinding op appèl na die Hoogste Hof van Appèl in Bloemfontein.
- Die Appèlhof oorweeg die feite en regsargumente en bevind -
- Op die feite in hierdie geval was daar geen oortuigende getuienis wat enige van die vrou se bewerings dat haar man haar oor die trust mislei het, kon staaf nie.
- Selfs indien die trust die man se “alter ego” was (die hof het nie hieroor ‘n bevinding gemaak nie), was die vrou nie ‘n genomineerde begunstigde van die trust nie en het sy ook nie enige transaksies met die trust gesluit nie. Sonder enige regsverbintenis met die trust, kon sy nie inmeng met die trust se sake nie en kon sy ook nie haar man se bestuur van die trust bevraagteken nie.
- Die eindresultaat – die trust behou die woning en die vrou moes ‘n wesentlike bydrae maak tot die partye se regskostes.
Trustees en eggenote – wat kan mens hieruit leer?
In hierdie geval was die partye in gemeenskap van goed met mekaar getroud. As ‘n algemene reël sal die hof dan ‘n 50/50 verdeling van die bates in die gemeenskaplike boedel beveel.
In teenstelling hiermee, met ‘n huwelik buite gemeenskap van goed, beskik die hof oor ‘n wye diskresie om bates tussen die partye te verdeel en om bevindings te maak oor die ware eienaarskap van bates (insluitend bates van derde partye soos ‘n trust) en om dan te beveel dat bates aan ‘n spesifieke party toegeken en oorhandig moet word. Indien die partye buite gemeenskap van goed getroud was, sou die vrou se bewerings oor wanbestuur van die trust relevant gewees het en kon dit die uitslag van die saak verander het.
Die twee belangrikste lesse uit hierdie saak –
- Voordat jy in die huwelik tree, moet jy regsadvies verkry oor die huweliksbedeling wat vir jou geskik is. In die meerderheid gevalle sal ons vandag aanbeveel dat partye buite gemeenskap van goed met mekaar trou en na gelang van die omstandighede moet die partye dan verder besluit en ooreenkom of die aanwasbedeling op hul huwelik van toepassing moet wees of nie. In hierdie spesifieke geval sou dit die vrou se aanspraak op ‘n aandeel in die woning versterk het. Jou huweliksvoorwaardekontrak behoort ook die huwelikspartye se aansprake op spesifieke bates uiteen te sit (insluitend enige aansprake op ‘n belang in ‘n trust of ‘n maatskappy of ander entiteit) ingeval van ‘n egskeiding.
- As ‘n trustee moet ‘n trust streng volgens regsvoorskrifte bestuur word. Die formele notulering van vergaderings van trustees, boekhouding oor die trust se finansies en lenings en rekordhouding van formele besluite wat deur trustees geneem word, is dikwels nie op standaard nie. Trustees moet ook ‘n duidelike onderskeid tref tussen die beheer oor trustbates en die aanwending en gebruik daarvan. Indien dit nie duidelik onderskei word nie, maak dit die deur oop vir suksesvolle aanvalle en aansprake deur skuldeisers en gewese eggenote.
Provided by Darrolls Attorneys, Notaries & Conveyancers
© DotNews. All Rights Reserved.