Ons raak formeel
“Domicilium Citandi et Executandi”
Hierdie term word algemeen in kontrakte van alle soorte gevind en dit word selde met die nodige erns hanteer. Dit is die adres wat jy kies om alle regskennisgewings en dokumente te ontvang. Aflewering of betekening by hierdie adres word regtens as geldige aflewering of betekening (diening) beskou, ongeag of jy werklik die kennisgewing of dokument onder oë kry of nie. Dit is dus belangrik om vooraf 'n gepaste adres te kies, een waar enige kennisgewings of dagvaardings wat afgelewer word, spoedig onder jou persoonlike aandag sal kom. Voeg jou e-posadres by as die kontrak jou toelaat. Onthou ook om die ander party onmiddellik in kennis te stel (skriftelik en volgens die voorskrifte in die kontrak) van enige verandering in jou adres.
Provided by B. R. Sandwith Inc.
© DotNews. All Rights Reserved.