“Slip ‘n Trip” in die Supermark – wat moet bewys word?
“The path is smooth that leadeth on to danger” (William Shakespeare)
Ongelukke gebeur ook in die bes bestuurde supermarkte. Dit gebeur dikwels dat ‘n besoeker aan ‘n winkel of ‘n winkelsentrum oor iets in die gang struikel, of op ‘n gladde vloer gly, wat gladder gemaak is deur water of iets wat uit ‘n houer in die winkel lek of uit ‘n glashouer wat gebreek het. Besoekers aan winkels wat beserings opdoen, wend hulle gereeld na ons howe om skadevergoeding van die winkel se eienaars of die gebou se eienaars te eis.
Dit is seker nie ‘n verrassing dat hierdie soort eis sy eie informele naam het nie - die "slip 'n trip"-saak. 'n Onlangse uitspraak van die hooggeregshof bied duidelikheid oor wat jy sal moet bewys indien jy een van die ongelukkige winkelbesoekers is wat op hierdie manier beseer word.
Die klant wat gegly het en wat daarna gedagvaar het.
- 'n Besoeker aan die supermark het in die winkelgang op 'n ongeïdentifiseerde vloeistof gegly, sy het haarself beseer en sy is gehospitaliseer. Sy moes later vir ongespesifiseerde ortopediese beserings behandel word.
- Werknemers van die supermark het direk na die insident aangedui dat die winkel haar mediese uitgawes sal dek, maar later het die supermark aanspreeklikheid ontken.
- Tydens die hofsaak het die supermark erken dat dit 'n algemene sorgsaamheidsplig teenoor klante het wat die winkel besoek om te verseker dat hulle 'n veilige omgewing aan klante bied om in te koop. Die winkel beweer egter dat die koper se val as gevolg van haar uitsluitlike nalatigheid was, omdat sy versuim het om behoorlik uit te kyk, sy versuim het om redelike stappe te neem om haar val te voorkom en sy versuim het om die beserings aan haarself te vermy. As ‘n alternatief hiertoe, pleit die winkel dat sy bydraend nalatig was. Die winkel het verder probeer om die skoonmaakdienskontrakteurs en/of 'n onafhanklike bemarker wat in die betrokke gang gewerk het, aanspreeklik te hou.
- Die koper het haar eis om skadevergoeding na die hooggeregshof geneem. Die hof bevestig dat jy sal moet bewys dat die winkel –
- die redelike moontlikheid moes voorsien het dat die winkel se optrede vir jou skade (beserings) en geldelike verlies sou veroorsaak het; en
- alle redelike stappe moes geneem het om daardie skade of verlies te vermy;
- en dat die winkel dit nie gedoen het nie.
- die redelike moontlikheid moes voorsien het dat die winkel se optrede vir jou skade (beserings) en geldelike verlies sou veroorsaak het; en
- Die hof bevind dan dat die besoeker aan die winkel op die getuienis wat aangebied is, bewys het dat sy die betrokke oggend “wel behoorlik na haar eie veiligheid omgesien het. Die feit dat sy dalk teen ‘n vinnige tempo by paadjie 5 afgestap het, was nie die die rede vir die val nie. Sy het nie gegly of gestruikel as gevolg van spoed of as gevolg van onoplettendheid nie, maar omdat sy in die winkel in die een of ander vloeistof van onbekende oorsprong, wat op die grond gemors het en gelê het, getrap het en as gevolg daarvan het sy geval." (Jy moet dus van jou kant af bewys dat jy nie nalatig was nie.)
- Selfs al was die lek of vermorsing op die grond 'n klein een (in hierdie geval was dit vermoedelik nie groter as 'n R2-muntstuk nie) “maak dit regtig nie saak wat die omvang daarvan was nie, aangesien die blote teenwoordigheid daarvan op die supermarkvloer vir enige besoekende koper 'n gevaar ingehou het. Sy sou tog haar oggend deurbring om na die goedere op die rakke te besigtig; nie om heeltyd voor haar na die vloer te kyk nie.” (Om 'n behoorlike uitkyk te hou, beteken nie dat jy noodwendig heeltyd voor jou na die vloer moet afkyk nie.)
- In beginsel, wanneer ‘n besoeker aan die winkel “getuig het oor die omstandighede waarin hy geval het, en die oënskynlike oorsaak van die val, en aangetoon het dat hy wel behoorlik omgesien het na sy eie veiligheid, dan het hy gewoonlik gedoen wat nodig is om te bewys dat die oorsaak van die val die supermark se nalatigheid was. Die supermark is regtens verplig om redelike stappe te neem om sy perseel te alle tye veilig te hou vir wanneer lede van die publiek die winkel besoek.”
- Hier het die besoeker aan die winkel, die klant, hierdie feite voor die hof geplaas. Daardeur het sy 'n weerlegbare vermoede van nalatigheid aan die kant van die supermark aangetoon. Sonder ‘n oortuigende verduideliking van die supermark, maak die hof die afleiding dat die nalatige versuim aan die kant van die winkel die oorsaak van die val was. Die winkel kon hier nie bewys lewer oor hoe lank die gemorste vloeistof op die vloer was of hoe lank dit redelikerwys nodig sou wees om dit te ontdek en op te ruim nie. (Sodra jy bewys het wat gebeur het en dat jy wel behoorlik vir jou eie veiligheid gesorg het, is dit vir die supermark om te bewys dat dit nie nalatig was nie.)
- Die hof bevind dat die besoeker – die klant - geregtig was om die omvang van haar skade wat sy kon bewys, van die supermark te kon verhaal. Die supermark word dus aanspreeklik gehou vir die bewese skadevergoeding.
Provided by B. R. Sandwith Inc.
© DotNews. All Rights Reserved.