Webtuistes vir die Feesseisoen: Veilige Vakansies, Ontwyk die Gevare, en Laastens: Iets heel anders!
Hou veilig vakansie gedurende COVID-19
Lees die ‘Daily Maverick’ se artikel oor hoe om veilig met vakansie te gaan gedurende Covid. Kyk na “How to go on holiday safely in the time of Covid-19: A practical guide” hier vir wenke oor hoe om veilig tot by jou vakansiebestemming te reis, wat om te doen as jy daar aangekom het, en hoe om steeds pret te hê – met minimale risiko.
Ontwyk die gevare – ‘n interaktiewe grafiese voorstelling
Uit Spanje (‘n land wat hierdie virus reeds vroeg en met mening moes hanteer) vind ons ‘n interaktiewe hulpmiddel. Dit gee vir ons ‘n volledige, interaktiewe en verontrustende grafiese voorstelling oor hoe die Covid-19 virus deur die lug versprei, hoe die oordrag van die virus werk, en hoe om dit te vermy.
Kyk na “A room, a bar and a classroom: how the coronavirus is spread through the air” op die El País webtuiste hier.
Nou vir iets heel anders – “Belasting Kan Pret Wees!” en ander Aanlyn interessanthede.
“What a strange world we live in” said Alice to the Queen of Hearts (Lewis Carroll, Alice in Wonderland)Na ‘n onwerklike en uitdagende jaar, kom ons besigtig ‘n paar van die vreemde webtuistes daar buite.
Ons skop af met ‘n webwerf wat beslis die moeite werd is om te besoek, als te danke aan ons eie SAID (“SARS”) wat van mening is dat belasting pret kan wees op hul “Tax Can Be Fun!” webwerf.
“Curiouser and curiouser”, cried Alice
Om af te sluit, hier is ‘n hele versameling vreemde webtuistes (met interessante en selfs leersame inhoud hierin – maar jy gaan kieskeurig moet wees en die goeies moet uitsoek) op “The Black Stump’s ‘Latest Bizarre, Oddball and Weird Sites’” webtuiste.
Uit die HAT: nuwejaarsblom s.nw. (botanies) knolplant (Gladiolus cardinalis) met helderrooi blomme wat by rotse afhang in die berge van die Wes-Kaap en gewoonlik tussen Kersfees en Nuwejaar blom; watervalblom.
Provided by Taylor and Finlay Attorneys
© DotNews. All Rights Reserved.