Bure wat hul sleg gedra: Onwettige geboue en slopingsbevele.
“The approval of building plans is not a mere formality in town planning and compliance with building standards promote public safety … The courts should not permit landowners to erect illegal structures on their land and then present the authorities with a fait accompli created by their illegal actions” (Uittreksel uit hierdie uitspraak wat hierna bespreek word.)
Wat kan jy doen as jou buurman op die erf langsaan begin bou sonder planne wat die munisipaliteit goedgekeur het? ’n Onlangse hooggeregshofbeslissing bevestig jou reg om aansoek te doen vir ‘n slopingsbevel.
Die pensioenaris wat 'n woonstelblok onwettig gebou het.
- ’n Eienaar het besluit om ’n veelvlakkige blok van agt woonstelle op sy grond te bou. Volgens mediaberigte is hy 'n pensioenaris wat sy R900 000 pensioenuitbetaling aan die projek bestee het. Hy sou dan van die toekomstige huurgeld van sowat R40 000 per maand leef.
- Hy het sy bure ingelig dat hy besig was om ‘n tuinkothuis (“garden cottage”) te bou. Die gebou was vir die volgende vier redes onwettig –
- Geen bouplanne is deur die plaaslike raad goedgekeur nie,
- Die struktuur het die Stadsbeplanningskema se boulynbeperkings oorskry,
- Die struktuur het nie aan die eiendom se sonering voldoen nie,
- Die titelakte het uitdruklik bepaal dat slegs een woning op die eiendom toelaatbaar is; terwyl die eienaar besig was om 'n tweede een op te rig. Hierdie was in geheel in stryd met die Titelakte se beperkende voorwaardes.
- Die eienaar het versuim om te voldoen aan twee vorige bevele van die Raad om die bouwerk te staak. Hierna het hy wel onderneem om die bouwerk te stop, maar in werklikheid het hy die bouwerk versnel.
- Twee van sy bure het op ‘n dringende basis by die hooggeregshof aansoek gedoen vir ‘n bevel om enige verdere bouwerk te verbied. Die hof het die bevel toegestaan en het die eienaar verder beveel om die gebou te sloop
. - Die eienaar neem hierdie bevel op appèl na 'n "volbank" van die Hooggeregshof. Hy vra dat die slopingsbevel uitgestel word terwyl sy aansoek by die Raad vir die hersonering en opheffing van die beperkende titelvoorwaardes afgehandel word.
- Die Raad het wel die hersonering van die eiendom goedgekeur. Die Raad wou egter nie die gedeeltelike geboude gebou goedkeur nie. Die bouwerk was onwettig omdat geen bouplanne goedgekeur was nie en die gebou het die boulyne oorskry.
- Die hof beslis dat die bure die reg het om aansoek te doen vir 'n slopingsbevel, aangesien daar duidelik op hul regte inbreuk gemaak is.
- Die hof het sy diskresie ten gunste van sloping uitgeoefen. Die hof wys daarop dat die bure dadelik stappe geneem het om hul regte te beskerm, toe dit duidelik geword het dat die eienaar nie 'n kothuis in sy tuin bou nie, maar 'n woonstelblok. Die bure het die onwettige struktuur by die Raad aangemeld. Dit het ook swaar by die hof geweeg dat die eienaar aangegaan het met sy bouwerk, selfs toe hy geweet het dat die struktuur onwettig was.
- Die hof beveel die eienaar om die gebou te sloop.
As jou buurman onwettig begin bou, moet jy dadelik oorgaan tot aksie!
Provided by B. R. Sandwith Inc.
© DotNews. All Rights Reserved.