SAID: Misdaad Betaal Nie!
Dit blyk dat die SAID suksesvol is met invorderings en met die afdwinging van belastingwetgewing. Volgens SAID het hulle ‘n 92% skuldigbevinding op sake wat vir vervolging oorhandig word. Dit is vir oortredings wat met belasting en met doeane aangeleenthede verband hou, waaronder bedrieglike BTW eise en bedrog met inkomstebelasting.
In ‘n onlangse verslag van SAID gee hulle ‘n opsomming van hul suksesse. In die 2014/5 belastingjaar was daar 256 skuldigbevindings van entiteite en individue en die bedrag ter sprake was R196 miljoen. Afgesien van boetes van R9,6 miljoen wat uitgereik is, is direkte gevangenisstraf van 555 jaar, korrektiewe toesig van 258 maande en gemeenskapsdiens van 2 480 uur opgelê aan die wat skuldig bevind is.
Provided by Taylor and Finlay Attorneys
© DotNews. All Rights Reserved.