Ongetroude Ouers: “Kennisgewing van Geboorte” Uitspraak bied nou drie keuses met die registrasie van die Kind se Van
“Whilst the Act no longer uses the term “illegitimate child” this is implied by the reference to so-called children “born out of wedlock” which continues to perpetuate the common law distinction between so-called “legitimate” and “illegitimate” children. This reference is a stark reminder that we, as a nation, are still grappling with outmoded legal terminology which goes to the core of dignity and equality, not only for the child but also the unmarried father, and indeed the unmarried mother as well.” (Geneem uit hierdie uitspraak van die Grondwetlike Hof.)
Nuwe ouers, getroud of ongetroud, word deur die Wet op die Registrasie van Geboortes en Sterftes (“die Wet”) verplig om hul kind se geboorte binne 30 dae by Binnelandse Sake te registreer.
Die wet het egter nog altyd onderskei tussen getroude en ongetroude ouers met die aanmelding van hierdie kennisgewing van geboorte. In die besonder kon ongetroude vaders tot nou toe nie die kind onder hul eie van registreer nie, behalwe met die toestemming van die moeder.
Vir die kind, vir die ouers en vir die breër families wat betrokke is, is dit duidelik van groot belang onder watter van die kind in die bevolkingsregister aangemeld word. Hierdie wet behandel getroude en ongetroude ouers op verskillende maniere. Dit is daarom te verstane dat die geldigheid van hierdie onderskeid nou in die Grondwetlike Hof getoets is en ongrondwetlik bevind is.
Die hof se beslissing is dat die tersaaklike deel van die wet ongrondwetlik is en dat dit geskrap moet word. In die hof se eie woorde: “Children born to parents outside the marital bond are blameless, yet the retention of section 10 of the Act serves to harm children born outside of wedlock. The status of being born out of wedlock, in effect, penalises the child and the unmarried father, and of course the mother too. This differential treatment of children born out of wedlock is invidious and unconstitutional. This differential treatment cannot be justified.”
Die praktiese uitwerking van die uitspraak is dat die ouers nou drie keuses kan uitoefen om die kind se van te kies.
Voortaan is ongetroude ouers presies in dieselfde posisie as getroude ouers. Enige een van die ouers kan die “Kennisgewing van Geboorte” voltooi en aanmeld onder -
1. Die vader se van, of
2. Die moeder se van, of
3. Die vanne van beide die vader en die moeder saamgevoeg as 'n dubbele van.
Provided by Van Zyl Kruger
© DotNews. All Rights Reserved.