Die buffel van R1 miljoen wat dood is: ‘n Les in die oordrag van risiko
Wat gebeur dan? Tensy die partye anders ooreengekom het, geld die algemene reël in ons reg as volg -
- Eienaarskap van ‘n roerende bate gaan slegs oor wanneer dit aan hom of haar afgelewer word. (Wees hier versigtig, want aflewering is ‘n veel meer ingewikkelde konsep as wat mens mag dink.)
- Risiko daarenteen gaan oor na sluiting van die koopkontrak. Met ander woorde, indien jy dus iets koop wat gesteel word of vernietig word voordat jy eienaarskap daarvan kan neem, staan jy die kans om beide die bate en die koopprys te verloor. Daar is wel voorbehoude en uitsonderings op hierdie reël, soos waar die verkoper die verlies veroorsaak. Die regsposisie is kompleks en ‘n mynveld vir die oningeligte.
‘n Buffel gaan dood – wie dra die verlies?
- ‘n Wildboer het ‘n buffelbul aan ‘n ander wildboer verkoop.
- Voordat dit afgelewer kon word, moes die buffel eers vir siektes getoets word. Dit het beteken dat die buffel met ‘n verdowingspyl geskiet moes word om ‘n bloedmonster te neem.
- Die verdowingspyl het die kol goed getref, maar die buffel het ‘n goeie afstand gehardloop voordat hy geval het. Die hanteerders kon die bul nie betyds vind om te keer dat hy lê en versmoor het nie.
- Die verkoper het die koper gedagvaar vir die betaling van R1.14 miljoen. Sy saak was as volg-
- Terwyl hulle op die vragmotor was waarin die buffel vervoer is, het die koper net daar en dan besluit dat hy die buffel wou hê. Die partye het daar mondelings ooreengekom op die verkoop teen R1 miljoen plus BTW.
- Aldus die verkoper het die koper ook spesifiek ingestem om die risiko van dood of besering van die verdowingsoperasie te dra.
- Die dood van die buffel was die direkte gevolg van die verdowingsoperasie.
- Terwyl hulle op die vragmotor was waarin die buffel vervoer is, het die koper net daar en dan besluit dat hy die buffel wou hê. Die partye het daar mondelings ooreengekom op die verkoop teen R1 miljoen plus BTW.
- Aanvanklik het die koper alles ontken. Teen die tyd dat hulle by die Appèlhof gekom het, het die koper die gemelde drie punte toegegee. Die koper het egter aangevoer dat die bewyslas op die verkoper rus om te bewys dat sy optrede nie die oorsaak van die buffel se dood was nie. Hy het verder beweer dat die verkoper die buffel moes aflewer voordat hy betaling kon eis. Die koper het verder aangevoer dat die verkoper self daarvoor verantwoordelik was dat hy nie meer in staat was om die ooreengekome prestasie aan die koper te lewer nie.
- Die hof het die feite dispute oorwegend in die guns van die verkoper beslis. Die hof bevind dan verder dat die koper die verlies van die bul moes dra. Die hof bevind dat die koper by ooreenkoms uitdruklik die spesifieke risiko aanvaar het. Die bewering en argument rondom selfgeskepte onmoontlikheid van prestasie as gevolg van die verdowingsoperasie was irrelevant in die lig van die koper se aanvaarding van risiko.
- Die eindresultaat is dus – die koper het nie sy buffel nie en hy moet die ooreengekome koopprys van R1.14 miljoen aan die verkoper betaal tesame met die verkoper se regskostes (wat aansienlik sal wees na drie rondtes in drie verskillende howe).
Mondelinge ooreenkomste, hoë risiko gebeurtenisse en diep sakke
Dit kom hierop neer -
- Om op ‘n mondelinge ooreenkoms te vertrou is ‘n groot risiko – dit gee aanleiding tot geskille, dit skep vertragings en dit lei tot die kostes en frustrasies van litigasie. Dit sal veel beter wees as die partye eerder ‘n regsverteenwoordiger opdrag gee om die ooreenkoms op skrif te stel. Daarin moet die partye se regte en verpligtinge in die duidelikste terme uiteengesit word tesame met die partye se ooreenkoms met mekaar oor die oordrag van eienaarskap en die oordrag van risiko.
- As jy bereid is om die risiko van die verlies van ‘n hoë risiko gebeurtenis op jou te neem, soos die verdowing van ‘n wilde buffel van R1 miljoen, moet jy diep sakke hê.
Provided by BSA Law | Bruno Simao Attorneys
© DotNews. All Rights Reserved.