Verdien jy inkomste deur Airbnb? Belasting en ander kwessies
Hou hierdie drie faktore in gedagte -
- Jy moet voorsiening maak vir die betaling van belasting op hierdie inkomste. SARS het onlangs bevestig dat jou Airbnb-verdienste (na aftrekking van jou toelaatbare uitgawes) belasbaar is en in jou inkomstebelatingopgawes ingesluit moet word. Jy sal ook vir BTW moet registreer indien jou huurinkomste R1 miljoen per jaar oorskry.
- Jy moet aan die plaaslike munisipale soneringsregulasies en ook aan die toegelate gebruike wat op jou eiendom van toepassing is, voldoen.
- Indien jou eiendom in ‘n gemeenskapskema (Deeltitel of Huiseienaarsvereniging) geleë is, moet jy seker maak dat die reëls en regulasies van die skema wel sulke verhurings oor die korttermyn toelaat. Indien wel, moet jy ook kyk of daar enige beperkings is wat geld. Jy moet onthou dat jy verantwoordelik sal wees vir enige oortredings van die skema se reëls en regulasies en vir enige onwettige of slegte gedrag deur jou huurders.
Provided by BSA Law | Bruno Simao Attorneys
© DotNews. All Rights Reserved.