Jou webwerf van die maand: Plante wat die lug reinig vir die kantoor en die huis
Die swak gehalte van binnenshuise lug veroorsaak “siek gebou sindroom” wat reg oor die wêreld aan siektes en lae produktiwiteit gekoppel word.
Een maklike manier om daarteen te veg is om potplante te gebruik vir versiering. Potplante help om die lug van die gifstowwe wat ons skoonmaakmiddels en huishoudelike produkte bevat, te suiwer. Plante bied ook ander voordele soos laer stresvlakke en verhoogde geluk en produktiwiteit by mense.
En wie beter as NASA om die mees geskikte plante hiervoor te vind, met hul fokus op die welsyn van ruimtevaarders in die ruimte?
Wikipedia se artikel “NASA Clean Air Study” bevat ‘n grafiek wat die mees doeltreffende plante vir ons aandui, wat ‘n verskeidenheid van stowwe wat erge besoedeling veroorsaak, sal filtreer. Gruwelstowwe soos formaldehied, trichloretileen, xileen, tolueen en ammoniak word aangedui. Let veral op die laaste kolom wat aandui watter plante giftig vir honde en katte mag wees. Maak seker dat dit buite bereik van babas en kinders geplaas word.
Uit die HAT:
lentetyd s.nw. tyd van die jaar wanneer dit lente is. Dis weer lentetyd, die winter is verby!
Jeugtyd (figuurlik) Die lentetyd van jou lewe geniet.
Provided by BSA Law | Bruno Simao Attorneys
© DotNews. All Rights Reserved.