Skuldinvordering – twee moontlike opsies.
Die bekende Amerikaanse staatsman Benjamin Franklin het meer as 200 jaar gelede al opgemerk dat skuldeisers beter kan onthou as skuldenare. (“Creditors have better memories than debtors.”)
Goeie bestuur van jul debiteureboek en tydige invordering van gelde wat aan jou verskuldig is, moet altyd 'n bestuursprioriteit wees. Dit sal die verskil wees tussen 'n suksesvolle, winsgewende besigheid en 'n sukkelende, selfs mislukte besigheid.
Indien julle onlangs toegetree het tot die besigheidswêreld, kan die skuldinvorderingsproses verwarrend en 'n bietjie intimiderend lyk, maar dit hoef nie te wees nie.
Kom ons begin met die basiese beginsels en terminologie en proses van 'n "standaard" skuldinvorderingsproses. Daarna kyk ons ook na 'n alternatiewe voorstel, wat alle besighede, selfs ondernemings met 'n lang rekord van skuldinvordering, kan oorweeg.
Sommige skulde word natuurlik makliker ingevorder as ander. Dikwels is ‘n vriendelike aanmaning en ‘n hoflikheidsoproep voldoende. Wanneer 'n skuldenaar egter begin om oproepe te ontwyk en nie op korrespondensie en versoeke vir betaling reageer nie, gaan julle die nodige regstappe moet neem.
- Die "standaard" skuldinvorderingsproses.
Kortliks is die tipiese volgorde met skuldinvorderingsprosesse die volgende-
- 'n Vriendelike oproep: Dalk beter as die oproep van jou prokureur af kom. Amptelike regskommunikasie wys dat julle ernstig is met die invordering. Dit sal beleefde maar ferm kommunikasie wees – moontlik ‘n direkte stemoproep, dalk ‘n skriftelike versoek om betaling, wat vir die skuldenaar in kennis stel dat die saak nou vir invordering oorhandig is. ‘n Waarskuwing dat die formele regsproses nou gevolg gaan word, en vermelding van die ekstra koste en die kredietgraderingsimplikasies vir die skuldenaar, is dalk al wat nodig is om betaling te verseker. Of ten minste 'n aanbod van betaling en die ondertekening van 'n skulderkenning. Indien nie, gaan die proses verder.
- Aanmaningsbrief: Hierdie is ‘n formele kennisgewing (ook bekend as Artikel 129 Kennisgewing ingevolge die Nasionale Kredietwet) waarin betaling teen ‘n spesifieke datum versoek word. Dit is die laaste stap voordat regsaksie geloods word.
- Dagvaarding: Jou prokureur gaan nou ‘n dagvaarding opstel wat daarna by die toepaslike hof uitgereik moet word. Hierna sal die balju die dagvaarding op die skuldenaar beteken, wat dan die geleentheid het om die aksie te verdedig. 'n Ervare skuldenaar sal dikwels 'n "Kennisgewing van Verdediging" liasseer al is dit net om die proses te vertraag. As die skuldenaar die dagvaarding ignoreer of geen verdere stappe doen om die saak te verdedig nie, gaan julle aan met die proses.
- Vonnis: Jou prokureur sal die hof nader om 'n "verstekvonnis" toe te staan. Dit sal julle dan die reg verleen om voort te gaan met verdere stappe in die invorderingsproses.
- Eksekusie of uitvoering: Hier gaan dit afhang van die bates of inkomste wat die skuldenaar het. Julle kan 'n lasbrief vir eksekusie laat uitreik teen roerende eiendom, of julle kan begin met 'n finansiële ondersoek of met ‘n loonbeslaglegging of met ‘n skuldbeslagleggingsbevel. 'n Gesoute skuldenaar gaan dalk steeds nie enige betalings kon maak nie en as die skuldbedrag steeds verskuldig bly, gaan jy moet aanbeweeg na die volgende vorm van eksekusie.
- Aansoek om onroerende eiendom te verkoop: Jy kan nou by die hof aansoek doen vir toestemming om enige onroerende eiendom van die skuldenaar geregtelik te laat verkoop. (Dit is nou ‘n huis, of enige ander onroerende eiendom, soos ‘n woonstel of ‘n stuk grond.) Hier moet die skuldenaar se grondwetlike reg op behuising ook in die hofproses hanteer en aangespreek word.
Hierdie is 'n oorsig van die algemene beginsels ter sake; dit is noodsaaklik om regshulp met elke stadium hierin te hê om seker te maak dat jou prosesse aan al die betrokke reëls en regulasies voldoen.
- 'n Vriendelike oproep: Dalk beter as die oproep van jou prokureur af kom. Amptelike regskommunikasie wys dat julle ernstig is met die invordering. Dit sal beleefde maar ferm kommunikasie wees – moontlik ‘n direkte stemoproep, dalk ‘n skriftelike versoek om betaling, wat vir die skuldenaar in kennis stel dat die saak nou vir invordering oorhandig is. ‘n Waarskuwing dat die formele regsproses nou gevolg gaan word, en vermelding van die ekstra koste en die kredietgraderingsimplikasies vir die skuldenaar, is dalk al wat nodig is om betaling te verseker. Of ten minste 'n aanbod van betaling en die ondertekening van 'n skulderkenning. Indien nie, gaan die proses verder.
- Ander opsie wat julle kan oorweeg: Aansoek vir likwidasie of sekwestrasie.
Dit is beslis nie die beste opsie vir elke skuldinvorderingsaangeleentheid nie, maar in die regte omstandighede kan dit effektief wees.
Net 'n vinnige nota oor die regte terminologie - as die skuldenaar 'n maatskappy is, gaan jy aansoek doen vir "likwidasie" van die maatskappy, en die daaropvolgende aanstelling van 'n likwidateur. As die skuldenaar ’n natuurlike persoon is, doen jy aansoek om “sekwestrasie” van die skuldenaar se boedel, en die aanstelling van ’n trustee.
Hier kan die skuldenaar beheer oor alle bates verloor. Maatskappydirekteure gaan moet fokus op die dreigende risiko om beheer oor hul besighede te verloor. 'n Natuurlike persoon moet fokus op die verlies van persoonlike bates, wat ‘n woonhuis kan insluit.
As jou skuldenaar ’n maatskappy is, kan jy ook ingevolgde die Maatskappywet ‘n “Artikel 345 aanmaningsbrief” op die maatskappy se geregistreerde kantoor laat beteken. Die maatskappy het dan drie weke om die skuld te betaal of te verseker; as die maatskappy dit nie doen nie, word die maatskappy “geag” om nie in staat te wees om sy skulde te betaal nie. Dit kan die likwidasie-aansoek aansienlik vergemaklik en dit is ‘n goeie rede vir die skuldenaar om eerder die skuld uiteindelik te betaal.
Hier is wel twee belangrike faktore van toepassing:–
- Hier is moontlik aansienlike regskostes ter sprake. ’n Weerbarstige direkteur of skuldenaar kan die proses steeds vertraag deur die aansoek teen te staan. Ons howe is krities oor uitstelaksies en vertragingstaktiek in die proses, maar dit gaan eers aan die einde van die proses ter sprake kom. Intussen is daar ruimte om die hofproses te misbruik, met groot regskostes vir die aansoeker. Wanneer jy uiteindelik daarin slaag om 'n hofbevel te verkry, kan dit wees dat jy niks, of slegs 'n gedeelte van die skuld van die skuldenaar kan verhaal. Dit is selfs moontlik dat jy ‘n bedrag in die boedeladministrasie as bydrae moet inbetaal. Maak vooraf seker by jou prokureur wat die "risiko van ‘n bydrae” gaan behels.
- As dit reeds vooraf duidelik is dat daar ‘n feite-dispuut oor die aanspreeklikheid vir betaling gaan wees, kan jy nie 'n likwidasie of sekwestrasie-aansoek gebruik om die hofproses te omseil nie. Met ‘n natuurlike persoon moet jy ook bykomend kan aantoon dat sekwestrasie vir die groep van skuldeisers as ‘n geheel tot voordeel sal wees. Daar moet dus goeie gronde wees om hierdie roete te volg. Anders loop julle die risiko om ‘n ongunstige kostebevel teen julle te kry vir die "misbruik van die regsproses." Daarom is toegepaste regsadvies vir julle spesifieke geval noodsaaklik!
- Hier is moontlik aansienlike regskostes ter sprake. ’n Weerbarstige direkteur of skuldenaar kan die proses steeds vertraag deur die aansoek teen te staan. Ons howe is krities oor uitstelaksies en vertragingstaktiek in die proses, maar dit gaan eers aan die einde van die proses ter sprake kom. Intussen is daar ruimte om die hofproses te misbruik, met groot regskostes vir die aansoeker. Wanneer jy uiteindelik daarin slaag om 'n hofbevel te verkry, kan dit wees dat jy niks, of slegs 'n gedeelte van die skuld van die skuldenaar kan verhaal. Dit is selfs moontlik dat jy ‘n bedrag in die boedeladministrasie as bydrae moet inbetaal. Maak vooraf seker by jou prokureur wat die "risiko van ‘n bydrae” gaan behels.
Provided by B. R. Sandwith Inc.
© DotNews. All Rights Reserved.