"Ek is vandag te siek om werk toe te kom" Maak seker dit is regtig die geval, want as jy oneerlik is hieroor, kan dit die einde van jou diensverhouding wees.
"... 'n diensverhouding is gebaseer op vertroue" (Uittreksel uit uitspraak hieronder)
Ons howe het reeds bevind dat ontslag geregverdig is wanneer werknemers lieg oor hul gesondheidstoestand en hul siekteverlof misbruik.
'n Onlangse Arbeidshofsaak bied vir ons ‘n perfekte voorbeeld.
Te siek om te werk, maar gesond genoeg om aan 'n protesoptog deel te neem – op TV.
- 'n Werknemer het vir ‘n paar dae siekteverlof aangemeld. Ter ondersteuning hiervan het hy 'n kriptiese mediese sertifikaat voorgelê. Dit was egter betekenisloos en het die aard van sy siektetoestand as "Afwesig weens mediese toestand" gesertifiseer.
- Ongelukkig vir die werknemer het sy direkte toesighouer by sy werk, daardie aand toevallig na die nuusuitsending op TV gekyk. Hy sien toe die betrokke aand op TV die siek werknemer wat daardie dag aan 'n protesoptog deelgeneem het, singend en handeklappend.
- Die Arbeidshof het later sy afdanking weens “growwe oneerlikheid” in stryd met die onderliggende vertrouensverhouding tussen werkgewer en werknemer, gehandhaaf.
- Die hof het hier op die feite bevind dat die werknemer oneerlik was toe hy aan die protesoptog deelgeneem het. 'n Werknemer wat beweer dat hy te siek is om te werk, moet dit bewys. Die patetiese mediese sertifikaat wat hier voorgehou is, was nie oortuigend in die afwesigheid van enige verdere getuienis van die dokter onder eed nie.
Belangrike beginsels vir werknemers (en vir werkgewers) om te onthou.
- Om vir valse redes siekteverlof te eis, is ‘n skending van die vetrouensverhouding tussen werkgewer en werknemer. In gepaste gevalle sal ons howe nie huiwer om ‘n bevinding van ontslag te handhaaf nie, selfs al is dit 'n eerste oortreding.
- Indien die situasie ondersoek word, is dit vir die werknemer om oortuigend te bewys dat die mediese toestand die werknemer werklik verhoed het om vir diens aan te meld.
- 'n Mediese sertifikaat behoort duidelik te wees oor die mediese toestand ter sprake. Die mediese praktisyn wat die sertifikaat uitreik, kan ook versoek word om die inhoud daarvan in 'n beëdigde verklaring of onder eed te bevestig.
Provided by B. R. Sandwith Inc.
© DotNews. All Rights Reserved.