Ons raak formeel.
Regsterm : "Fiktiewe vervulling" (“Fictional fulfilment”)
Jy sal hierdie term in kontraktuele dispute teëkom, waar een van die partye doelbewus probeer om die vervulling of nakoming van 'n opskortende voorwaarde te keer, in ‘n poging om van die bepalings van die transaksie te ontsnap. Met eiendomsverkope is dit dikwels die "verbandklousule" wat ter sprake is, waar die hele verkooptransaksie "opgeskort" word totdat die koper se verband toegestaan word. Die koper kry dalk koue voete en frustreer dan doelbewus die toestaan van 'n verband. In gepaste omstandighede kan 'n hof die voorwaarde as vervul verklaar, deur die historiese regsbeginsel van "fiktiewe vervulling van 'n opskortende voorwaarde" toe te pas.
Uit die HAT:
“miljard” s.nw. [die getal 1 000 000 000 of 10⁹] duisend miljoen. Daar is ‘n sterk neiging onder Afrikaanssprekendes om, onder invloed van veral Amerikaanse Engels, biljoen vir ‘n duisend miljoen te gebruik, eerder as miljard. Nietemin, die standaardgebruik in Afrikaans bly steeds miljard vir duisend miljoen en biljoen vir ‘n miljoen miljoen. [Frans milliard]
Provided by B. R. Sandwith Inc.
© DotNews. All Rights Reserved.