|
|
Stuur aan per e-pos
| English
|
|
|
|
|
Our offices will be closing on the 15th of December 2022 at 16h00 and re-open on the 02nd of January 2023 at 07h30am.
NB: Please be advised that we will be available via arrangement,
between the 16th to 31st of December 2022. |
|
|
|
|
|
|
|
|
|
As jy jou eiendom hierdie feestyd wil verkoop: onthou die belastingimplikasies.
|
|
Jy is dalk een van vele Feestydverkopers wat die Desember/Januarie vakansietyd gaan gebruik om die beste prys vir jou huis te probeer kry. Onthou om die transaksie se finansies goed te beplan sodat jy nie met onverwagte uitgawes onkant gevang word nie.
Een van die onkostes wat nie altyd verstaan word nie, en daarom ook nie altyd in die beplanning verskyn nie, is die moontlike aanspreeklikheid vir kapitaalwinsbelasting op die verkoop van jou eiendom. Ons bespreek die belangrike konsepte van “basiskoste”, “kapitaalwins” en “primêre woning”. Met behulp van ’n praktiese voorbeeld verduidelik ons hoe jy te werk kan gaan om jou waarskynlike belastingaanspreeklikheid te bereken en daarvoor te begroot.
Om belasting op jou eiendomstransaksie te betaal, maak vir niemand gelukkig nie, behalwe vir SARS. Dit is gewoonlik nie so erg nie en ons deel ook goeie nuus...
|
|
|
|
|
|
|
Welvaartbeplanning oor geslagte heen - dink aan jou kinders en hulle kinders!
|
|
Beplan jy dalk om hierdie Feesseisoen iets aan jou gesin te skenk?
Wat daarvan om vir hulle die vooruitsig van finansiële vryheid te gee? Natuurlik wil ons almal graag hê dat ons nalatenskap aan toekomstige geslagte oor meer gaan as net oor die finansiële aspekte, maar om ons erfgename te vrywaar van finansiële beperking is 'n goeie beginpunt.
Jou testament moet die middelpunt van jou algehele boedelplan wees. Ons sal ook 'n paar gedagtes deel oor hoe om te werk te gaan met jou finansiële beplanning om die voordele vir jou gade, jou kinders en jou kleinkinders te maksimeer - en hopelik om selfs verdere geslagte te bevoordeel.
|
|
|
|
|
|
|
'n Skadevergoedingeis – die elite atleet teenoor die onoplettende fotograaf.
|
|
'n Elite-hardloper wat aan 'n wedloop langs Seepunt se ikoniese Promenade deelneem, bots met 'n voetganger wat besig was met ‘n rustige Sondag uitstappie saam met haar vriendin. Die voetganger se goeie daad - om in te stem om 'n groepfoto van 'n paar “Pretstap”-deelnemers te neem – laat haar in die hospitaal beland, waar sy 'n heupvervangingsoperasie moet ondergaan.
Sy dagvaar beide die hardloper en die wedrenorganiseerder vir R718 000 se skadevergoeding, en beweer dat hulle beide nalatig was. Beide ontken enige aanspreeklikheid, en teenstrydige getuienis word aangebied met teenaansprake en bewerings van bydraende nalatigheid.
Dit is die soort ongeluk wat met enige iemand op enige tyd kan gebeur. So ‘n insident kan jou lewe in 'n oogwink onherroeplik verander, selfs afgesien van die regsgevolge. Die hofuitspraak en die redes vir die Hooggeregshof se beslissing, hou vir ons almal lesse in.
|
|
|
|
|
|
|
Werkgewers: Moenie die sperdatum vir die verslag oor diensbillikheid mis nie!
|
|
As jy ’n “aangewese” werkgewer is (ons kan jou help om te kyk of jy een is of nie), moet jou verslag ingevolge die Wet op Gelyke Indiensneming (WGI) (Employment Equity Act (EEA)) teen 15 Januarie 2023 ingedien word.
Dit is iets om in gedagte te hou voordat jy die jaar afsluit, aangesien diegene wat daardie sperdatum mis, aansienlike boetes in die gesig sal staar.
Op 'n ligter noot, deel ons ook goeie nuus vir KMO's wat as gevolg van hul jaarlikse omsetvlakke in die "aangewese" kategorie val - jy kan dalk vanaf Oktober volgende jaar van die WGI-verslaggewing vrygestel word. Dit help jou nie nou nie, maar dit sal toekomstige rompslomp verminder. Ons sluit af met 'n herinnering dat die WGI (EEA) se streng verbod op onbillike diskriminasie op alle werkgewers van toepassing is, nie net op aangewese werkgewers nie.
|
|
|
|
|
|
|
Webwerf van die Maand: Moenie dat die Kersseisoen jou onder kry nie!
|
|
"You can tell a lot about a person by the way they handle three things: a rainy day, lost luggage and tangled Christmas tree lights." (Maya Angelou)
Desembervakansies is 'n tyd om rustig te raak, jou batterye te herlaai en 'n bietjie kwaliteit tyd saam met jou gesin deur te bring. Dit kan ook stresvol wees. Daar is 'n rede waarom mense dikwels na die Kersseisoen as die "Silly Season" verwys.
Moenie dat die druk jou onderkry nie! Ontspan, haal diep asem en lees “10 tips to reduce festive season stress” op die Lionesses of Africa se webwerf.
Wat jy ook al doen, maak seker dat jy goed uitrus en jou blaaskans geniet!
|
|
|
|
|
|
|
|
Dankie vir jou ondersteuning in 2022.
Mag jy 'n wonderlike Kersseisoen hê, en 'n gelukkige en voorspoedige 2023!
|
|
|
|
|
|
|
|