"The email of the species is deadlier than the mail" (Stephen Fry)
Kuberaanvalle het in Suid-Afrika met 22% toegeneem in 2019. Ons blootstelling aan gevalle van ernstige kuberbedrog neem eksponensieel toe, soos wat ons daaglikse gebruik van e-posse en die internet eksponensieel toeneem.
Die kubermisdadigers is altyd aan die gang. Hulle bestudeer en ontdek ons kuberswakplekke en buit dit dan uit.
Beskerm jou besigheid met die voorstelle van “Email in the age of cybercrime” op die LexisDigest webwerf.
Die artikel is ‘n wenner (kyk byvoorbeeld na die afdeling oor die “quick guide to email security”). Deel dit gerus met jou kollegas en personeel en hou dan vol met daardie gereelde maandelikse opdaterings!
Uit die HAT: eksponensieel b.nw. [eksponensiële] waarby eksponente betrokke is.
Eksponensiële groei groei wat versnel namate die hoeveelheid van dit wat groei, vermeerder:
Die eksponensiële groei in die verkoop van digitale kameras.
|