From :

Forward newsletter to :

Email Name
 

This is the preview of the newsletter you're about to send.

As jy van plan is om jul huis oor die feesseisoen te verkoop: begin solank om jul nakomingsertifikate gereed te kry.

Daar is altyd ‘n toename in eiendomsverkope in die somervakansieseisoen, so dit is 'n goeie tyd om verkopers (en die kopers) te wys op die verskillende nakomingsertifikate wat nodig mag wees voordat oordrag geregistreer kan word.

Verkopers moet so gou moontlik die nodige inspeksies laat doen en ook die regstellende werk laat uitvoer - enige vertragings kan 'n ernstige impak op die tydsduur  van die oordrag hê. Lees verder vir ons kontrolelys oor die vyf voldoeningsertifikate wat jy dalk mag benodig ...
 


Teken aan
Facebook Linkedin
B. R. Sandwith Inc.'s Monthly Newsletter
Stuur aan per e-pos    |    English
 
December 2023 NUUSBRIEF
Feesseisoenhuisverkoper: begin solank om jou nakomingsertifikate gereed te kry.

Daar is altyd ‘n toename in eiendomsverkope in die somervakansieseisoen, so dit is 'n goeie tyd om verkopers (en die kopers) te wys op die verskillende nakomingsertifikate wat nodig mag wees voordat oordrag geregistreer kan word.

Verkopers moet so gou moontlik die nodige inspeksies laat doen en ook die regstellende werk laat uitvoer - enige vertragings kan 'n ernstige impak op die tydsduur  van die oordrag hê. Lees verder vir ons kontrolelys oor die vyf voldoeningsertifikate wat jy dalk mag benodig ...
lees meer


Beplan jou boedel om jou gesin te beskerm – hier is twee vrae om aan die einde van die jaar te oorweeg.
ArticleImage

Soos die gewilde ou liedjie dit sê “Dis die wonderlikste tyd van die jaar” – 'n tyd vir die gesin en die familie om saam te wees en om fees te vier. Dit is ook ‘n goeie geleentheid om na te dink oor die reëlings wat jy in plek het vir jou geliefdes se welstand vir wanneer jy nie meer hier gaan wees nie.

Ons oorweeg twee spesifieke vrae wat jy jouself moet afvra, met 'n bespreking oor hoe jy jou boedelplan kan struktureer om hierdie potensiële probleemareas aan te spreek.

   
lees meer
Die Nuwe Wet op Ouerskapverlof – 'n Eenvoudige Opsomming vir Werkgewers en Werknemers
ArticleImage

Die media het wye dekking verleen aan die onlangse Hooggeregshofbeslissing oor “ouerskapverlof”. Die hof het verlofbepalings in twee wette ongrondwetlik verklaar. Hierdie bepalings het tot gevolg gehad dat verskillende stelle ouers verskillend behandel is wanneer dit by ouerskapverlof kom. Die mediaberigte het gefokus op die “hoekom” van die besluit. Ons gaan hierin kyk na hoe dit in die praktyk behoort te werk.

Lees verder vir ons eenvoudige opsomming van hoe hierdie nuwe bepalings in werklikheid verskillende kategorieë ouers en hul werkgewers sal raak. Ons maak ook  'n laaste nota oor hoe werknemers wie se verlof onbetaald eerder as betaal is kan help met 'n WVF-eis.
   
lees meer
Het jy geweet dat CV-leuenaars nou tronkstraf in die gesig staar?
ArticleImage

Dit bly 'n groot versoeking vir gewetenlose werksoekers wat desperaat is vir werk, en ook vir bestaande werknemers wat desperaat is vir bevordering, om hul kwalifikasies te vervals. Die gevaar vir 'n werkgewer om so iemand in diens te neem, is duidelik.

Ons stel 'n aksieplan voor vir werkgewers wat deur vervalste geloofsbriewe mislei of byna mislei word, met spesifieke verwysing na die nuwe kategorie van kriminele oortredings in die vorm van "kwalifikasiebedrog". Ons sluit af met die geval van 'n werknemer met ‘n vals graad wie se voordele in sy voorsorgfonds (wat gewoonlik teen krediteure beskerm is) aan sy werkgewer verbeur word.

   
lees meer
Ons raak formeel
ArticleImage

“Subpoena duces tecum”

Dit is 'n hofbevel wat die persoon wat daarin genoem word gelas (opdrag gee) om 'n dokument of dokumente of ander fisiese bewysstuk by 'n hof of by ‘n hofsitting aan die hof voor te lê – letterlik beteken dit "onder dreigement van straf, bring die volgende gespesifiseerde item of dokument na die komende hofsitting saam".

As jy ooit so 'n dagvaarding ontvang en jy enige twyfel het of jy kan voldoen, moet voldoen, of genoeg tyd het om daaraan te voldoen, moet jy jou prokureur dringend vir advies vra – dit is 'n ernstige dokument!

   

ArticleImage

Dankie vir jou ondersteuning in 2023.

Mag jy 'n wonderlike Feestyd hê, en 'n gelukkige en voorspoedige 2024!


   

belinda@belindasandwith.co.za www.belindasandwith.co.za Website Contact Page
Uitsluiting

Die inligting hierin vervat is van ‘n algemene aard en moet nie as professionele advies gebruik word nie. Geen aanspreeklikheid kan aanvaar word vir enige foute of weglatings of enige skade of verlies wat volg uit die gebruik van enige inligting hierin vervat nie. Kontak altyd u professionele adviseur vir spesifieke en toegepaste advies.


© DotNews.  All Rights Reserved.


  ’n Kliëntskakelingsdiens van DotNews