Volmagte en persoonlike beplanning / Powers of Attorney and personal planning.
As we are fast approaching that time of the year that everything needs to be readied for any eventuality that may befall us over a time of joyful festivities, and with the dangers of traveling vast distances, we invariably tend to reflect on our vulnerabilities. As planners and pragmatist, we would like to make sure that matters are in safe hands should anything unplanned happen to us. For that reason, we would normally revisit our wills, and if we do not have one, get it drawn up, even if sometimes rather hastily, without considering all aspects. But death is not the only situation that needs planning for. The probability of a debilitating disability or being unable to communicate for whatever reason, certainly also warrants specific planning, and we should consequently look if there is any value of granting a Power of Attorney, to a loved one, a friend, or trusted lawyer.
’n Volmag is ’n formele dokument waarkragtens ’n individu (“die prinsipaal”) ’n ander (“die agent”) magtig om regshandelinge namens hom of haar uit te voer, soos om byvoorbeeld na banksake om te sien of om eiendom te koop of verkoop.
Volmagte kan Algemeen, of spesiaal (spesifiek), van aard wees. 'n Algemene Volmag verleen algemene bevoegdhede aan die agent deur die prinsipaal om enige denkbare regshandelinge namens hom of haar uit te voer. Daarteenoor word 'n spesiale volmag slegs verleen vir ‘n spesifieke doel. Dit hou dus slegs verband met 'n spesifieke handeling of handelinge, soos uiteengesit in die dokument, en is geldige vir niks anders nie.
‘n Volmag kan ook spesifieke beperkings inhou, soos byvoorbeeld dat dit slegs geldig sal wees ten opsigte van ‘n spesifieke jurisdiksie, of vir ‘n bepaalde tyd. Dit is ook sinvol om algemene volmagte van langdurige aard in terme van die bepalings van die Akteswet te registreer, sodat dit nie verlore kan gaan, of vernietig kan word nie.
'n Volmag is ‘n eensydige handeling en dus nie 'n kontrak nie, maar 'n wilsuiting deur die prinsipaal wat bepaal dat die agent die mag sal hê om namens hom, of haar, op te tree. Deur die ondertekening van 'n volmag, bemagtig die prinsipaal nie net die agent om namens hom op te tree nie, maar dit dui ook dat hy, of sy, aan derde partye bevestig dat die prinsipaal gebonde sal wees aan die handelinge wat deur die agent ingevolge die terme van die volmag verrig word. 'n Behoorlik gemagtigde agent wat 'n kontrak geldig namens 'n ander aangaan, word dus beskerm teen enige aanspreeklikheid wat uit daardie kontrak spruit.
Die belangrikste faktore wat benodig is vir die verlening van ‘n geldige volmag is dat die prinsipaal, asook die agent, duidelik beskryf en geïdentifiseer word in ‘n skriftelike dokument, asook die omvang van die bevoegdhede wat aan die agent verleen word. Ten einde te verseker dat volmag enige toets ten opsigte van formele vereiste slaag, word dit aan die hand gedoen dat die dokument deur die prinsipaal in die teenwoordigheid van twee getuies onderteken word. Vir die gebruik van ‘n volmag in die buiteland sal dit raadsaam wees om spesifieke advies te verkry ten opsigte van die vereistes voorgeskryf in die betrokke jurisdiksie wat mag inhou dat die dokument deur ‘n praktiserende notaris geattesteer word. Waar daardie jurisdiksie nie ‘n onderskrywer is van die Den Haag Konvensie is nie, sal dit beteken dat ‘n verdere dokument vereis mag word waar die notaris se bevoegdheid vanaf owerheidsweë by wyse van ‘n amptelike apostille verklaar moet word.
Waar geen termyn aan die geldigheid van ‘n volmag voorgeskryf is nie, bly dit regtens geldig tot tyd en wyl dit herroep word, of totdat die spesifieke mandaat aan voldoen is, of enige van die prinsipaal, of die agent oorlede is, gesekwestreer word of geestelik ongeskik raak. Dit beklemtoon die mees algemene wanopvatting met betrekking tot volmagte. 'n Volmag sal nie meer geldig wanneer die gewer nie helder genoeg van verstand is om die wese van die handeling deur sy agent te begryp en te verstaan nie.
Dit is ook belangrik dat die agent, asook enige van die getuies wat die volmag onderteken, geen voordeel uit die uitvoering van die volmag mag verkry nie.
Die meeste banke in traag om volmagte te aanvaar wat nie aan hul eie spesiale dokumentasie, vir doeleindes van finansiële transaksies, voldoen nie.
‘n Volmag kan dus, met die inagneming van die voormelde beperkings, dus ‘n handige instrument wees om te benut vir meeste onvoorsiene omstandighede, maar dit behoort onder streng toesig te geskied en daar moet ‘n absolute vertrouensverhouding tussen die prinsipaal en die agent wees. Meer as een agent kan in ‘n volmag benoem word om, óf in alternatief op tree, óf hul magtiging kan afhanklik wees dat hulle gesamentlik moet optree.
Hou lekker vakansie en rus goed. May you experience the true Christmas spirit and return invigorated to tackle yet another challenging year.
Groete / Regards
Hennie, Eberhard & Cheryl-Anne