From :

Forward newsletter to :

Email Name
 

This is the preview of the newsletter you're about to send.

Kopers: Die gevaar om nie jou finansiële huiswerk te doen voordat jy eiendom aankoop nie

Jy verkoop ‘n eiendom, maar wanneer die tydstip aanbreek vir die koper om die vereiste deposito te betaal, is hy nie in staat om dit te doen nie. Gevolglik moet jy die verkooptransaksie kanselleer, maar jy kry die eiendom slegs teen ‘n laer prys en met die hulp van ‘n eiendomsagentskap verkoop. Kan jy ‘n eis vir skadevergoeding teen die wanbetalende koper instel om jou verliese te dek?

Of dalk is jy die koper, en jy staan op die punt om ‘n koopooreenkoms te onderteken. Hoe seker moet jy wees dat jy al jou verpligtinge in terme van daardie ooreenkoms kan nakom? En wat gebeur as jy dit nie nakom nie?

‘n Onlangse Hooggeregshofsaak, waar ‘n wanbetalende koper nie net haar eiendom verloor het nie, maar ook sowat R250 000 plus aansienlike regskostes uit die sak gejaag is, bevat ‘n paar belangrike lesse vir beide kopers en verkopers.

 


Teken aan
Everton Dankuru Attorneys's Monthly Newsletter
Stuur aan per e-pos    |    English
Junie 2023 NUUSBRIEF
Kopers: Die gevaar om nie jou finansiële huiswerk te doen voordat jy eiendom aankoop nie

Jy verkoop ‘n eiendom, maar wanneer die tydstip aanbreek vir die koper om die vereiste deposito te betaal, is hy nie in staat om dit te doen nie. Gevolglik moet jy die verkooptransaksie kanselleer, maar jy kry die eiendom slegs teen ‘n laer prys en met die hulp van ‘n eiendomsagentskap verkoop. Kan jy ‘n eis vir skadevergoeding teen die wanbetalende koper instel om jou verliese te dek?

Of dalk is jy die koper, en jy staan op die punt om ‘n koopooreenkoms te onderteken. Hoe seker moet jy wees dat jy al jou verpligtinge in terme van daardie ooreenkoms kan nakom? En wat gebeur as jy dit nie nakom nie?

‘n Onlangse Hooggeregshofsaak, waar ‘n wanbetalende koper nie net haar eiendom verloor het nie, maar ook sowat R250 000 plus aansienlike regskostes uit die sak gejaag is, bevat ‘n paar belangrike lesse vir beide kopers en verkopers.

lees meer




Verstaan jou wetlike verpligtinge as 'n werkgewer van huishoudelike werkers
ArticleImage

Huiswerkers speel 'n deurslaggewende rol in baie Suid-Afrikaanse huishoudings en help ons in die huis met verskeie take soos skoonmaak, tuinmaak, versorging van kinders, voorbereiding van etes, wasgoed, strykwerk en vele meer.

As 'n werkgewer van 'n huiswerker, moet jy kennis neem van jou wetlike verpligtinge om 'n billike en wettige werksverhouding te verseker. Ons howe is streng met werkgewers wat onbillik of in stryd met ons arbeidswette optree.

In hierdie artikel bespreek ons die definisie van "huiswerker", ons kyk na die sleutelvereistes waaraan jy moet voldoen, en ons probeer dan om dit in eenvoudige, praktiese terme te verduidelik.

   
lees meer
Lewensvennote en onderhoudseise
ArticleImage

Paartjies in permanente lewensvennootskappe moet kennis neem van 'n onlangse beslissing van die Hooggeregshof. In hierdie saak het die Hof een van die vennote se se eis vir persoonlike tussentydse onderhoud geweier nadat die verhouding tot 'n einde gekom het. Die Hof het onder meer bevind dat 'n "permanente romantiese verhouding" nie dieselfde is as 'n permanente lewensvennootskap, waar die vennote ooreengekom het om mekaar te onderhou nie.

’n Party in ‘n lewensvennootskap moet kan bewys dat so ’n ooreenkoms tussen die partye bestaan het (of moet hoop dat die wet intussen sal verander om ’n outomatiese onderhoudsplig in so 'n geval te skep). Hierdie is ’n duidelike waarskuwing aan paartjies om so spoedig as moontlik ’n saamwoonooreenkoms te sluit nadat hul verhouding permament van aard geword het. Ons verduidelik waarom hierdie die veiligste opsie is en deel ook ’n paar idees oor watter aspekte in so ’n ooreenkoms aangespreek behoort te word. Ons sluit af met ’n herinnering aan paartjies om ook seker te maak dat hulle geldige testamente in plek het.

   
lees meer
Ponzi-skemas: Nog ’n MTI uitspraak, risiko's en waarskuwingstekens
ArticleImage

Die is nie moeilik om by ‘n ponzi- of piramideskema ingetrek te word nie. Slagoffers wêreldwyd sluit mense van alle demografieë en lewenspaaie in: van bedrewe sakepersone tot moedelose pensioenarisse tot gewone, gemiddelde mense. Die bedrieërs is uiters vaardig daarin om hul skema voor te lê as die toonbeeld van wettigheid, egte en volhoubare sakemodelle, beleggingssekuriteit en massiewe winste. Dit is eers wanneer die hele skema uiteindelik ineenstort (wat onvermydelik is by pirmamideskemas), dat beleggers besef dat hulle waarskynlik alles kwyt is. Kort daarna klop die likwidateurs aan die deur, betalings word teruggeëis, en eise word afgekeer.

Die nuutste uitspraak in die MTI sage, waar die Hooggeregshof MTI se besigheidsmodel as ‘n “onwettige en onregmatige skema” verklaar het, dien as nog ’n waarskuwing om enigiets te vermy wat lyk of dit “te goed is om waar te wees”...

   
lees meer
Uit die HAT:
ArticleImage

kwansuis: bw. na bewering; vir die skyn; skynbaar; kastig; kamma: Hy sou my vandag kwansuis kom help het, maar ek wag nou nog.

   
 
     Email: info@edalaw.co.za
Call us on: +27 015 330 5009  |  +27 74 7000 165

Alternatively, kindly use the button below to schedule your appointment.
 
     
 

Uitsluiting

Die inligting hierin vervat is van ‘n algemene aard en moet nie as professionele advies gebruik word nie. Geen aanspreeklikheid kan aanvaar word vir enige foute of weglatings of enige skade of verlies wat volg uit die gebruik van enige inligting hierin vervat nie. Kontak altyd u professionele adviseur vir spesifieke en toegepaste advies.


© DotNews.  All Rights Reserved.


  ’n Kliëntskakelingsdiens van DotNews