From :

Forward newsletter to :

Email Name
 

This is the preview of the newsletter you're about to send.

Koop jy eiendom as 'n belegging - 'n paar strategieë vir sukses.

‘n Gebalanseerde beleggingsportefeulje sal gewoonlik ook belegging in eiendom insluit. Wat die omvang van die eiendomsblootstelling moet wees, is natuurlik 'n funksie van jou eie spesifieke doelwitte en behoeftes, van jou beleggingshorison, van jou verdraagsaamheid vir risiko en van jou huidige en geprojekteerde finansiële posisie.

Met beleggings in eiendom bou jy gewoonlik ook welvaart, veral vir beleggers wat streef na bestendige inkomste gekombineer met kapitaalgroei. Dit vereis wel 'n gestruktureerde en ingeligte benadering om maksimum voordeel met die minimum risiko na te streef.

Ons raak kortliks aan twaalf strategieë om jou op pad na 'n suksesvolle eiendomsbelegging te plaas.
 


Teken aan
Everton Dankuru Attorneys's Monthly Newsletter
Stuur aan per e-pos    |    English
April 2023 NUUSBRIEF
Koop jy eiendom as 'n belegging - 'n paar strategieë vir sukses.

‘n Gebalanseerde beleggingsportefeulje sal gewoonlik ook belegging in eiendom insluit. Wat die omvang van die eiendomsblootstelling moet wees, is natuurlik 'n funksie van jou eie spesifieke doelwitte en behoeftes, van jou beleggingshorison, van jou verdraagsaamheid vir risiko en van jou huidige en geprojekteerde finansiële posisie.

Met beleggings in eiendom bou jy gewoonlik ook welvaart, veral vir beleggers wat streef na bestendige inkomste gekombineer met kapitaalgroei. Dit vereis wel 'n gestruktureerde en ingeligte benadering om maksimum voordeel met die minimum risiko na te streef.

Ons raak kortliks aan twaalf strategieë om jou op pad na 'n suksesvolle eiendomsbelegging te plaas.
lees meer




Waarom jy 'n aandeelhouersooreenkoms nodig het, en hoe om dit te struktureer.
ArticleImage

As jy 'n nuwe maatskappy oprig of inkoop in ‘n maatskappy, maak seker dat die aandeelhouersooreenkoms geskik is vir jul situasie. Dit is belangrik dat julle 'n volledige aandeelhouersooreenkoms in plek het. Dit moet aan jul spesifieke behoeftes en omstandighede voldoen en die aandeelhouers moet die pasgemaakte ooreenkoms onderteken. Dit sal vir almal help ingeval ‘n onderlinge verskil of dispuut tussen die aandeelhouers ontstaan en dit kan net tot voordeel van die maatskappy wees. 

Wat is 'n aandeelhouersooreenkoms? Hoekom is dit noodsaaklik? Wat is die verhouding tussen die aandeelhouersooreenkoms en die maatskappy se Akte van Oprigting?

Ons spreek hierdie vrae aan, en sluit af met 'n lys van belangrike kwessies wat in so ooreenkoms aangespreek moet word.
   
lees meer
Ombudskantore – Waarom en hoe om dit te gebruik.
ArticleImage

Jy is vasgevang in ‘n bitter twis met 'n regspersoon, 'n buurman in jul sekuriteitskompleks, 'n paneelklopper, 'n bouer, SAID, jou bank, 'n hospitaal – maak nie saak met wie jy in stryd is nie, dink daaraan om 'n ombud te soek om die dispuut te hanteer. Ombuds is by uitstek onafhanklik en onpartydig, sommige het die mag om bindende besluite te neem, die meeste ombuds se dienste is gratis, en almal bied die hoop om jou dispuut op ‘n regverdige en doeltreffende wyse op te los.

Ons verskaf 'n lys van sommige van die belangriker ombudskantore wie se jurisdiksie verder as net een entiteit strek. Ons gee ook skakels na hul webwerwe en e-posadresse, en hul telefoonnommers en die tipe klagtes wat hulle sal aanspreek. Omdat dit belangrik is om jou klagte vanuit die staanspoor reg te formuleer, is dit sinvol om jou regspraktisyn van die begin af hierby te betrek. 
   
lees meer
Ooreenkomste om nie te dagvaar nie – wees versigtig!
ArticleImage

'n "Ooreenkoms om nie te dagvaar nie" is 'n regsdokument wat een party verhoed om regstappe teen 'n ander te neem. Dit is 'n manier om seker te maak dat geskille hanteer word sonder om hof toe te gaan.

Ons kyk na wat jy moet weet oor ooreenkomste om nie te dagvaar nie, insluitend wanneer en waar jy een kan teëkom, die voordele daarvan, en die nadele en risiko's waarvoor jy moet oplet.

Dan, met verwysing na 'n dispuut van R1,225 miljard wat in die Hoogste Hof van Appèl aangehoor is, bespreek ons 'n paar van die faktore wat ons howe in ag sal neem om te besluit of so 'n ooreenkoms afgedwing kan word of nie. 
   
lees meer
Uit die HAT:
ArticleImage

Mekkaganger s.nw. Moslem wat ‘n bedevaarttog onderneem na Mekka, heilige stad van Islam.  

   
 
     Email: info@edalaw.co.za
Call us on: +27 015 330 5009  |  +27 74 7000 165

Alternatively, kindly use the button below to schedule your appointment.
 
     
 

Uitsluiting

Die inligting hierin vervat is van ‘n algemene aard en moet nie as professionele advies gebruik word nie. Geen aanspreeklikheid kan aanvaar word vir enige foute of weglatings of enige skade of verlies wat volg uit die gebruik van enige inligting hierin vervat nie. Kontak altyd u professionele adviseur vir spesifieke en toegepaste advies.


© DotNews.  All Rights Reserved.


  ’n Kliëntskakelingsdiens van DotNews