From : katrin.scheibert@gmail.com

Forward newsletter to :

Email Name
 

This is the preview of the newsletter you're about to send.

Broers en susters: Hoe ‘n enkele ontbrekende woord in 'n testament 'n gesin verdeel het.

Jou testament kan die belangrikste dokument wees wat jy ooit sal onderteken. 'n Onlangse hofstryd oor 'n swak opgestelde gesamentlike testament is ‘n tydige herinnering dat jy moet seker maak dat jou aanwysings in jou testament duidelik en ondubbelsinnig moet wees en dat elke woord op sy plek moet wees.

‘n Testament wat nie duidelik is nie, kan jou naasbestaandes blootstel aan bittere litigasie. Dit kan ook inhou dat jou werklike, laaste wense nie uitgevoer kan word nie, dalk as gevolg van die afwesigheid van ‘n enkele woord.

Ons ontleed wat in hierdie betrokke geval verkeerd geloop het en ons wys jou hoe om die vernietigende gesinsuitvalle te vermy wat dikwels met geskille oor vererwing voorkom.
 


Teken aan
Scheibert & Associates Inc's Monthly Newsletter
Stuur aan per e-pos    |    English
September 2024 NUUSBRIEF
Broers en susters: Hoe ‘n enkele ontbrekende woord in 'n testament 'n gesin verdeel het.

Jou testament kan die belangrikste dokument wees wat jy ooit sal onderteken. 'n Onlangse hofstryd oor 'n swak opgestelde gesamentlike testament is ‘n tydige herinnering dat jy moet seker maak dat jou aanwysings in jou testament duidelik en ondubbelsinnig moet wees en dat elke woord op sy plek moet wees.

‘n Testament wat nie duidelik is nie, kan jou naasbestaandes blootstel aan bittere litigasie. Dit kan ook inhou dat jou werklike, laaste wense nie uitgevoer kan word nie, dalk as gevolg van die afwesigheid van ‘n enkele woord.

Ons ontleed wat in hierdie betrokke geval verkeerd geloop het en ons wys jou hoe om die vernietigende gesinsuitvalle te vermy wat dikwels met geskille oor vererwing voorkom.
lees meer
Wanneer kan jy gesprekke wettig opneem?
ArticleImage

Die opneem van gesprekke kan 'n kragtige hulpmiddel in ons besigheid en in ons persoonlike lewens wees, maar dit is nodig om te weet waar die grense lê. Wanneer kan jy telefoonoproepe, Zoom-vergaderings of selfs informele, persoonlike gesprekke opneem? Wanneer sal dit onwettig wees om gesprekke op te neem?

Ons kyk na ‘n paar belangrike aspekte, van die reëls rondom die opneem van jou eie gesprekke tot die beperkings op die opname van ander se gesprekke sonder toestemming, met 'n aparte nota oor faktore in die werkplek. Maak seker dat jy ingelig is en dat jy binne die raamwerk van die wet bly!
   
lees meer
Afsien van die verbandklousule om 'n verkoop lewendig te hou: die risiko en die beloning.
ArticleImage

Wat gebeur as 'n koper nie verbandfinansiering kan kry soos wat in die verkoopooreenkoms as ‘n voorwaarde ooreengekom is nie, maar die koper wil dan met die verkoop op 'n kontantbasis voortgaan? In 'n ideale wêreld doen die koper dan formeel afstand van die verbandvoorwaarde, die verkoop bly lewendig, en albei partye pluk die vrugte van die koper se besluit.

Daar is natuurlik ook risiko's verbonde as die proses nie reg hanteer word nie. Soos gesien in 'n onlangse geval waar 'n koper sy deposito van R1 miljoen terug wou hê nadat 'n verkooptransaksie deur die mat geval het. Die verkoper het gesê die koper het afstand gedoen van sy regte, terwyl die koper aangevoer het dat die verkooptransaksie  verval het omdat hy nie verbandfinansiering in die ooreengekome tyd kon verkry nie.

Wat het in die hof gebeur?   

   
lees meer
Egskeiding en die nuwe drie-potstelsel (al praat almal net van twee potte) - nog 'n risiko om te bestuur.
ArticleImage

Dit is belangrik vir almal om te verstaan hoe die nuwe "drie-pot aftreestelsel" (of "twee-pot" soos wat dit meer algemeen genoem word) ons aftreeplanne en spaargeld gaan beïnvloed. Vir diegene wat van hier af in ‘n egskeiding betrokke gaan wees, is die natuurlike vraag "hoe gaan hierdie nuwe stelsel my finansiële posisie en skikking beïnvloed?"

Ons sal daardie vraag aanspreek met verwysing na elk van die verskillende huweliksbedelings, voordat ons eindig met 'n waarskuwing oor die bestuur van 'n nuwe risiko - uitputting van die "spaarpot".
   
lees meer
Ons raak formeel.
ArticleImage

“Bona fide”                                                                                                                         

'n Belangrike en baie algemene regsbegrip, die Latynse frase "bona fide" oftewel “te goeder trou” of "in goeie trou". Dit hou in dat daar geen bedrog of wanvoorstelling ter sprake is nie. Die teenoorgestelde daarvan is "mala fide" of "in slegte trou". 'n Fundamentele konsep in die reg vanaf antieke Romeinse tyd, word die konsep steeds twee eeue later in regstelsels regoor die wêreld erken en gebruik! 

In Suid-Afrika is dit dikwels in ons hofbeslissings en in wetgewing ter sprake. Die bevinding dat iets "bona fide" gedoen was of nie, kan dikwels bepalend wees vir die uitkoms van litigasie.

   
       
 
Scheibert & Associates Inc
+27 21 422-0660
Unit 401, 42 Keerom Street, Cape Town, 8001, South Africa

Scheibert & Associates Germany
+49 (89) 8913 6783
Nimrod Str. 8, 82131, Gauting, Germany
 
       

 
Uitsluiting

Die inligting hierin vervat is van ‘n algemene aard en moet nie as professionele advies gebruik word nie. Geen aanspreeklikheid kan aanvaar word vir enige foute of weglatings of enige skade of verlies wat volg uit die gebruik van enige inligting hierin vervat nie. Kontak altyd u professionele adviseur vir spesifieke en toegepaste advies.


© DotNews.  All Rights Reserved.


  ’n Kliëntskakelingsdiens van DotNews