From :

Forward newsletter to :

Email Name
 

This is the preview of the newsletter you're about to send.

Hoe om jou kinders se erflating te beskerm en seker te maak dat dit nie in die Voogdyfonds beland nie.

Almal van ons wil ons kinders se welsyn verseker as ons nie meer hier is nie. Daarom probeer ons om finansieel vir hulle te voorsien.

Dit behels egter meer as net die opstel van 'n testament. Jou testament moet reg opgestel word, en ’n belangrike deel hiervan is om minderjarige kinders se erflatings te beskerm totdat hulle (ten minste) agtien jaar oud word. Anders is die kanse goed dat daardie erflatings in die regeringsbeheerde Voogdyfonds gestort moet word. Ons verduidelik waarom dit nie 'n goeie idee is nie, en ons verduidelik hoe oorbetalings na die Voogdyfonds vermy kan word.

 


Teken aan
Facebook Linkedin
B. R. Sandwith Inc.'s Monthly Newsletter
Stuur aan per e-pos    |    English
 
September 2023 NUUSBRIEF
Hoe om jou kinders se erflating te beskerm en seker te maak dat dit nie in die Voogdyfonds beland nie.

Almal van ons wil ons kinders se welsyn verseker as ons nie meer hier is nie. Daarom probeer ons om finansieel vir hulle te voorsien.

Dit behels egter meer as net die opstel van 'n testament. Jou testament moet reg opgestel word, en ’n belangrike deel hiervan is om minderjarige kinders se erflatings te beskerm totdat hulle (ten minste) agtien jaar oud word. Anders is die kanse goed dat daardie erflatings in die regeringsbeheerde Voogdyfonds gestort moet word. Ons verduidelik waarom dit nie 'n goeie idee is nie, en ons verduidelik hoe oorbetalings na die Voogdyfonds vermy kan word.

lees meer


Verhuurder: Jy mag nie jou agterstallige huurder se water en elektrisiteit afsny nie.
ArticleImage

Jou huurders hou op om hul huur te betaal, maar weier hardnekkig om jou huureiendom te ontruim. As eienaar van die eiendom moet jy aanhou om die verbandpaaiemente, eiendomsbelasting, heffings, onderhoudswerk en munisipale dienste te betaal. Die versoeking is groot om self ‘n plan te wil maak met die huurders. Jy sal selfs hul elektrisiteit en water wil afsny en hulle uitkry om te keer dat hulle verder op jou onkostes en in jou eiendom woon. Hierna sal jy dan eerder aan ‘n beter, betalende huurder wil verhuur.

’n Onlangse beslissing van die hooggeregshof wys weereens hoekom dit gevaarlik is om die reg so in eie hande te neem. Ons eindig met 'n nota oor hoekom jou huurkontrak altyd skriftelik, duidelik en omvattend moet wees.

   
lees meer
"Ek is vandag te siek om werk toe te kom" Maak seker dit is regtig die geval, want as jy oneerlik is hieroor, kan dit die einde van jou diensverhouding wees.
ArticleImage

Om misbruik te maak van 'n werkgewer se beleid oor siekteverlof, mag vir sommige werknemers normaal wees, maar pasop – dit kan ‘n slegte nadraai hê.

Werkgewers en werknemers kan gerus kennis neem van 'n onlangse Arbeidshofbeslissing hieroor. 'n Werknemer het laat weet hy is te siek  om die dag werk toe te kom. Hy het selfs 'n doktersbrief gekry om sy onvermoë om te werk te bevestig. Hy was nietemin in staat  om later op dieselfde dag, singend en handeklappend  deel te neem aan 'n openbare protesaksie. Ongelukkig vir hom het sy toesighouer hom op die aandnuus gesien ... die hof het sy ontslag bevestig.
   
lees meer
Skuldinvordering – twee moontlike opsies.
ArticleImage

Jou besigheid se winsgewendheid, selfs die voortbestaan daarvan, kan afhang van hoe effektief jy jou debiteure invorder. Wanneer 'n debiteur dus weier om op jou beleefde versoeke vir betaling te reageer, moet jy daaraan dink om verdere regstappe te neem.

Dit is altyd beter om toegepaste regsadvies te verkry oor die beste manier om jou skulde in te vorder. Ons kyk na twee moontlike strategieë - 'n "tipiese" skuldinvorderingsproses en 'n meer omstrede alternatief.
   
lees meer
Ons raak formeel.
ArticleImage

Regsterm : "Fiktiewe vervulling" (“Fictional fulfilment”)

Jy sal hierdie term in kontraktuele dispute teëkom, waar een van die partye doelbewus probeer om die vervulling of nakoming van 'n opskortende voorwaarde te keer, in ‘n poging om van die bepalings van die transaksie te ontsnap. Met eiendomsverkope is dit dikwels die "verbandklousule" wat ter sprake is, waar die hele verkooptransaksie "opgeskort" word totdat die koper se verband toegestaan word. Die koper kry dalk koue voete en frustreer dan doelbewus die toestaan van 'n verband. In gepaste omstandighede kan 'n hof die voorwaarde as vervul verklaar, deur die historiese regsbeginsel van "fiktiewe vervulling van 'n opskortende voorwaarde" toe te pas.

Uit die HAT:

“miljard” s.nw. [die getal 1 000 000 000 of 10⁹] duisend miljoen. Daar is ‘n sterk neiging onder Afrikaanssprekendes om, onder invloed van veral Amerikaanse Engels, biljoen vir ‘n duisend miljoen te gebruik, eerder as miljard. Nietemin, die standaardgebruik in Afrikaans bly steeds miljard vir duisend miljoen en biljoen vir ‘n miljoen miljoen.   [Frans milliard]

   
belinda@belindasandwith.co.za www.belindasandwith.co.za Website Contact Page
Uitsluiting

Die inligting hierin vervat is van ‘n algemene aard en moet nie as professionele advies gebruik word nie. Geen aanspreeklikheid kan aanvaar word vir enige foute of weglatings of enige skade of verlies wat volg uit die gebruik van enige inligting hierin vervat nie. Kontak altyd u professionele adviseur vir spesifieke en toegepaste advies.


© DotNews.  All Rights Reserved.


  ’n Kliëntskakelingsdiens van DotNews