From :

Forward newsletter to :

Email Name
 

This is the preview of the newsletter you're about to send.

Wanneer kan jy die verkoper dagvaar as jou nuwe huis soos ‘n sif lek?

Baie opgewonde en vol afwagting trek jy en jou gesin in jul nuwe droomhuis in. Totdat dit begin reën en jou dak sleg begin lek.

Jy hardloop met emmers en met handdoeke rond, terwyl jy jou bes probeer om 'n dakhersteller op kort kennisgewing op te spoor. Dan begin jy wonder of jy die verkoper sal kan dagvaar. Ons kyk hier na ‘n onlangse saak van die Appèlhof waar ‘n gastehuis oorstroom het. Die verkoper was goed vertroud met hierdie gebreke. Tog het hy nie hierdie bekende probleme met die dak aan die koper uitgewys nie. 
 


Teken aan
Facebook Linkedin
B. R. Sandwith Inc.'s Monthly Newsletter
Stuur aan per e-pos    |    English
 
Augustus 2023 NUUSBRIEF
Jou nuwe huis lek soos 'n sif – kan jy die verkoper dagvaar?

Baie opgewonde en vol afwagting trek jy en jou gesin in jul nuwe droomhuis in. Totdat dit begin reën en jou dak sleg begin lek.

Jy hardloop met emmers en met handdoeke rond, terwyl jy jou bes probeer om 'n dakhersteller op kort kennisgewing op te spoor. Dan begin jy wonder of jy die verkoper sal kan dagvaar. Ons kyk hier na ‘n onlangse saak van die Appèlhof waar ‘n gastehuis oorstroom het. Die verkoper was goed vertroud met hierdie gebreke. Tog het hy nie hierdie bekende probleme met die dak aan die koper uitgewys nie. 
lees meer


Kan jou 👍 duim-op emoji of e-handtekening 'n ooreenkoms verseël?
ArticleImage

In vroëer dae het 'n geskrewe ooreenkoms bestaan uit papier, ink en fisiese handtekeninge. Vandag kan jy vind dat jy gebonde is aan 'n aanlynkontrak en dat daar nie 'n druppel ink betrokke is nie. Ons kyk na ’n onlangse hooggeregshofsaak, waarin ’n skuldenaar hard probeer het om van ’n elektroniese kontrak met sy handtekening daarop te ontsnap – sonder sukses.

Ons kyk ook na 'n internasionaal gerapporteerde saak uit Kanada waarin 'n verkoper se 👍duim-op emoji voldoende was om hom aan 'n SMS-verkoopkontrak te bind. Ons bespiegel of 'n Suid-Afrikaanse hof tot dieselfde gevolgtrekking sal kom. 

   
lees meer
Egskeiding: Wat behels die verbeurdverklaring van voordele en wanneer sal die hof so ‘n bevel maak?
ArticleImage

Enige egskeiding is stresvol vir almal wat daarby betrokke is. Dit kan selfs eskaleer tot ‘n bitter dispuut en verwyte, dalk tot die mate dat een of albei partye aansoek kan doen vir ‘n bevel om die verbeuring van voordele van die huwelik te verklaar.

Wat behels so ‘n bevel en watter faktore sal die hof in ag neem om te besluit of so ‘n bevel toegestaan moet word of nie? Ons bespreek hierdie vrae met verwysing na drie onlangse beslissings van die hooggeregshof waarin buite-egtelike verhoudings, emosionele en finansiële mishandeling en ander “wesenlike wangedrag” onder die loep gekom het.

   
lees meer
Hoe om te verhoed dat iemand jou goeie naam op sosiale media beswadder.
ArticleImage

Wat is die beste manier om jouself te beskerm teen iemand wat jou reputasie beswadder? Dit is deesdae baie maklik om ons of ons besighede aanlyn te beswadder. Dit is veral platforms op sosiale media wat aanvallers die geleentheid bied om vinnige en geteikende lasterlike bewerings en opmerkings oor ander te plaas.

Gelukkig het ons regtens ‘n paar opsies tot ons beskikking. Ons ontleed hierdie opsies met verwysing na 'n onlangse hooggeregshofsaak waar 'n eiendomsontwikkelaar op beide 'n WhatsApp-groep en op Facebook deur 'n kontrakteur aangeval is, wat die trekpas gekry het. 

   
lees meer
Ons raak formeel.
ArticleImage

“Caveat Emptor”

Hierdie is ‘n ou regsbeginsel - “laat die koper waaksaam wees”. Dit hou in dat ‘n koper die koopsaak deeglik moet ondersoek en inspekteer voordat hy dit koop. Ons verbruikerswetgewing het oor die laaste jare toenemend verdere beskerming vir die koper meegebring, maar hierdie riglyn bly steeds in die algemeen van praktiese waarde as jy iets gaan aankoop. So, die volgende keer wat jy oorweeg om ‘n huis, of ‘n motor, of ‘n sak appels (of enige ander item) vir jou aan te skaf, onthou asseblief “caveat emptor”!

Uit die HAT

keeromstraat s.nw. straat wat nie deurgang bied nie, maar waarin voorsiening gemaak is dat ‘n mens aan die einde kan terugkeer na die oorspronklike rigting - doodloopstraat. 

   
belinda@belindasandwith.co.za www.belindasandwith.co.za Website Contact Page
Uitsluiting

Die inligting hierin vervat is van ‘n algemene aard en moet nie as professionele advies gebruik word nie. Geen aanspreeklikheid kan aanvaar word vir enige foute of weglatings of enige skade of verlies wat volg uit die gebruik van enige inligting hierin vervat nie. Kontak altyd u professionele adviseur vir spesifieke en toegepaste advies.


© DotNews.  All Rights Reserved.


  ’n Kliëntskakelingsdiens van DotNews